Die vyf beste Wimbledon-manspelers van alle tye:
- Roger Federer (Switserland) –
Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 105 oorwinnings, 14 nederlaeWenpersentasie: 88 %8 enkelspeltitels
“Dis die mees uitsonderlike uitdaging om Roger op gras te pak. Dit lyk asof hy bo die baan sweef en of sy voete nooit aan die gras raak nie. Hy neem die bal so vroeg dat jy omtrent nie ’n sekonde het om te reageer nie.” – Rafael Nadal oor Federer.
“Federer is die beste grasbaanspeler van alle tye. Hy het die mooiste spelstyl wat ek ooit gade geslaan net. Hy speel die spel op die wyse waarop dit behoort gespeel te word.” – John McEnroe oor Federer.
- Novak Djokovic (Serwië)
Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 102 oorwinnings, 13 nederlaeWenpersentasie: 89 %7 enkelspeltitels
“Daar is geen swakhede te bespeur aan enigiets in Djokovic se spel op enige oppervlakte nie. Federer het swakhede. Nadal het swakhede. Djokovic het geen swakheid nie.” – Mats Wilander oor Djokovic se spel.
- Pete Sampras (Amerika) Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 63 oorwinnings, 7 nederlaeWenpersentasie: 90 %7 enkelspeltitels
“Pete Sampras kon vandag op water loop. Niemand, dood of lewendig, kon ooit so afslaan soos hy vandag nie. Geen speler in die geskiedenis van die spel kon daardie afslane vandag beantwoord nie.” – Andre Agassi nadat Sampras hom in die Wimbledon-eindstryd van 1999 met 6-3, 6-4, 7-5 geklop het.
- Björn Borg (Swede)Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 51 oorwinnings, 4 nederlae Wenpersentasie: 93 %5 enkelspeltitels
“Mense het altyd gesê hy kon met sy spelstyl nie ’n Wimbledon-titel inoes nie. Maar hy het dit vyf keer op ’n streep gedoen. Jy moet dit respekteer. Hy was ’n genie.” – John McEnroe oor Borg se heerskappy op ’n grasbaan.
“Almal in die kommentaarhokkie was so uitgeput soos die spelers.” – Die BBC-kommentator John Barrett nadat Borg in drie uur en 53 minute in die Wimbledon-eindstryd van 1980 met 1-6, 7-5, 6-3, 6-7 (16/18), 8-6 met McEnroe afgereken het. Dit is destyds beskryf as moontlik die beste Wimbledon-wedstryd – voor Nadal se sege teen Federer in die 2008-eindstryd.

- Boris Becker (Duitsland) Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 71 oorwinnings,12 nederlae Wenpersentasie: 86 % 3 titels
“Boris het nooit nodig gehad om teen ’n McEnroe of ’n Connors te speel nie, maar wat Becker vermag het, was ’n teken van groot volwassenheid vir iemand op so ’n jong ouderdom. Hy het die eienskappe van ’n kampioen. Op 17-jarige ouderdom sou ek heeltemal geïntimideer gewees het deur die atmosfeer.” – Kevin Curren van Suid-Afrika nadat Becker hom in die Wimbledon-eindstryd van 1985 met 6-3, 6-7 (4/7), 7-6 (7/3), 6-4 geklop het.
“Ek het nie met ’n oorlog begin nie. Niemand het gesterf nie. Ek het net ’n tenniswedstryd verloor.” – Becker se antwoord nadat hy in 1987 in die tweede ronde van Wimbledon deur die Australiese speler Peter Doohan uitgeskakel is.

Beste Wimbledon-vrouekampioene van alle tye:
- Martina Navratilova (Tsjeggo-Slowakye/later Amerika) Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 120 oorwinnings, 14 nederlaeWenpersentasie: 89.55 %9 titels
“My gunstelingnommer is nege.” – Martina Navratilova aan Steffi Graf toe dié haar met die verowering van haar agtste Wimbledon-titel in 1987 gevra het hoeveel Wimbledon-enkelspeltitels sy nog wil wen.
- Serena Williams (Amerika) Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 98 oorwinnings, 14 nederlae Wenpersentasie: 88 % 7 enkelspeltitels
“Serena Williams is nou 183ste op die ranglys. Sy is ook my gunsteling om die Wimbledon-titel in te oes. As sy gesond by die All England Club opdaag, kan jy nie verbaas wees as sy die Wimbledon-trofee vashou nie.” – Martina Navratilova in 2018 voor die Wimbledon-toernooi toe Wiliams beseer was en haar posisie na 183ste op die ranglys teruggesak het.
- Steffi Graf (Duitsland) Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 74 oorwinnings, 7 nederlae Wenpersentasie: 91.36 % 7 enkelspeltitels
“Sy het geen swakhede nie. Sy is so blitsig en haar fokus so intens.” – Navratilova oor Graf op gras.
- Billie Jean King (Amerika) Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 95 oorwinnings, 15 nederlaeWenpersentasie: 86.36 %6 enkelspeltitels
“ ’n Oorwinning is vlietend, ’n nederlaag is vir ewig.” – King oor haar eie wen-obsessie en absolute renons aan verloor.
- Venus Williams (Amerika), Wen-verloor-rekord by Wimbledon: 90 oorwinnings, 19 nederlaeWenpersentasie: 83 %5 enkelspeltitels
“Elke keer wat sy naby aan die afgrond geleef het, het sy ongelooflik gespeel. Wanneer ek gevoel het ek het die deur in haar gesig toegeklap, was dit ’n geval van, oeps, daar gaan hy weer oop.” – Lindsay Davenport nadat Venus haar met 4-6, 7-6 (7/4) 9-7 in die Wimbledon-eindstryd van 2005 geklop het.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.










