Begroting

This is a test for the syndication metadata push to Prime

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bev was nog altyd gaande oor sagte kurwes en geronde vorms, iets wat duidelik is in die ronde kombuisvenster en L-vormige geronde eiland met sy ingeboude sitbank. “Die bank het sitplek vir baie meer mense as wat jy dink, en dis hier waar almal graag bymekaarkom,” sê sy. “Die ontwerp is effe outyds en ek wou dit ’n meer moderne kinkel gee. Ek het ’n ou kiaattafel bygevoeg wat ek in die Karoo gekry het – dit werk goed saam met die kurwe van die toonbank. Dit het gevoel soos die perfekte pasmaats, en die tafel bring ook warmte en karakter.” Kombuis deur Charma Designs; stoeltjies van Mr Price Home; lampskerm van Hertex Haus
Bev was nog altyd gaande oor sagte kurwes en geronde vorms, iets wat duidelik is in die ronde kombuisvenster en L-vormige geronde eiland met sy ingeboude sitbank. “Die bank het sitplek vir baie meer mense as wat jy dink, en dis hier waar almal graag bymekaarkom,” sê sy. “Die ontwerp is effe outyds en ek wou dit ’n meer moderne kinkel gee. Ek het ’n ou kiaattafel bygevoeg wat ek in die Karoo gekry het – dit werk goed saam met die kurwe van die toonbank. Dit het gevoel soos die perfekte pasmaats, en die tafel bring ook warmte en karakter.” Kombuis deur Charma Designs; stoeltjies van Mr Price Home; lampskerm van Hertex Haus (Christoph Hoffmann)

Lanie is ’n vrou wat op haar voete kan land. Dié skrywer en voormalige interieurontwerper, wat onlangs haar derde outobiografiese boek gepubliseer het, het dit al ’n paar keer gedoen – met grasie.

Vandag woon sy kompak in ’n dakwoonstel van 45 m² bo-op die huis wat in Augustus 2021 haar tuiskoms op Stanford was (“Alles waarvoor sy kon wens”.

Met die hulp van haar vriendin Minette Munnik van Urbanest Architects is die beskikbare dakruimte tot 45 m² vergroot deur ’n vrydraende betonoorhang van 1,5 meter aan weerskante van die dak op te rig.

Kameelperde Gelukkige kameelperde (Facebook)

“Natuurlik is die ruim hoofhuis steeds vir my en my familie toeganklik wanneer daar nie oornaggaste is nie. My skuurwoonstel is doelgemaak vir ’n kleiner lewe as enkelloper.