Buitelewe

Greensport Dik-Dik Turbo

Waarvan hou jy?Wel, hy slaan régtig baie vinnig op, maar Greensport is tog effens wintie as hy sê dis 30 sekondes.Só werk dit: Die binnetent is reeds vasgeklik aan ’n raamwerk van skarnierpale wat outomaties regop staan… sodra jy die hele spulletjie uit die sak het en die bene opgeslaan het.Dan moet jy nog die boseil daaraan vasmaak, én die hoeke en ankertoue vaspen.Jy moet omtrent Nadia Comăneci wees om dit alles binne 30 sekondes gedoen te kry, maar met twee pare hande behoort dit nie meer as vyf minute te neem nie – wat steeds blitsvinnig is vir so ’n groot tent.Waarvan word dit gemaak?By ’n opwiptent is die duursaamheid van die raamwerk die heel belangrikste oorweging.Gelukkig het Greensport nie afgeskeep met die gehalte nie. Die pale word gemaak van 25mm-aluminiumpyp met metaalskarniere.Die binne- en boseil is albei van Ripstop-polikatoenseil, met muskietnet voor die vensters en deure.Hoe vaar hy in slegte weer?Uitstekend. Die materiaal is heeltemal waterdig, hoewel die raamwerk effens meegee in sterk wind – soos enige koepeltent maar.Dit behoort nie ’n probleem te wees as jy die penne behoorlik ingekap het nie. Klagtes? Jy kan die vensterflappe net van buite af bykom.Is hy maklik om weg te pak?Ja. Die spinnekopraamwerk klik toe net so vinnig as wat jy dit oopwip, en alles pas lag-lag weer in die sak.Aantal mense: 2Gewig: 21kgGrootte: (l x b x h) 2,10 x 2,10 x 1,65mPrys: R2 850Kontak: Greensport 021 915 5220 Weg sê Dis g’n foefie dié nie – die ontwerp haal regtig die pyn uit tentopslaan.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM