
Plan BStuit daai blikbomme!Wanneer ’n mens ná ’n lang rit die eerste keer jou koskas oopmaak, val die meeste van die blikkies op die vloer uit. Ek het op elke rakkie se rand ’n dun stukkie Perspex (40 mm hoog en 3mm breed) met gom vasgeplak sodat dit ’n “muurtjie” vir die rak vorm. Skuur die boonste rand van die plastiek met fyn skuurpapier, want dit kan nogal skerp wees.Jy kan dieselfde doen met jou badkamer- en klerekassies.
Arnold Botha
Stellenbosch












