Moenie ’n drup wees nieKry vir jou ’n plastiek-geiserdrupbak – dis by enige ysterwarewinkel te kry – waarin jy jou braairooster was. Dis baie makliker as om jou rooster in ’n kombuiswasbak te probeer skoonkry.Jy kan die rooster met die handvatsel en al in die bak laat lê met ’n bietjie seepwater daarin. Dan kry jy dit in ’n japtrap met ’n skropborsel skoon.So ’n drupbak werk ook goed om die olie op te vang as jy jou motorolie aftap.’n Mini-skoppie’n Borseltjie waarmee gewoonlik die kreuekels uit muurpapier stryk, werk goed as ’n handbesempies vir jou braaiplek of rondom jou staanplek. Jy vee maklik in moeilike plekkies waar jy nie met ’n groot besem kan bykom nie.As hy harde borselhare het, kan jy hom ook gebruik om die stort te skrop. Koop dus sommer twee as jy hulle by ’n ysterwarewinkel gewaar – hulle is aan die skaars kant.Min mense besef watter nuttige stukkie gereedskap dit eintlik is.JOHAN VENTERCenturion
GEWILDSTE VANDAG
RUBRIEKE VANDAG
SPELETJIES VANDAG
Spesiaal vir intekenare!
Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag.
SPEEL SAAM










