Buitelewe

Riksha-babawaentjie

Getoets deur Mark Johnston’n Waentjie vir as baba saam fietsry, is beter as ’n stoeltjie omdat dit na aan die grond is – nie net sorg dit vir stabiliteit wanneer jy fietsry nie, maar dis ook baie makliker om ’n kleintjie daarin te laai, veral as jy alleen is.Die Riksha word in Suid-Afrika vervaardig en het ’n hele rits veiligheidskenmerke wat enige ouer gerus gaan stel: Met die sitplek wat mooi toe is, die rolstawe en ’n stewige harnas wat op vyf plekke versterk is, is Boeta mooi vas en veilig. En selfs al val Ma of Pa met die fiets, hou die draaikopstuk die waentjie regop.Groot, knobbelrige wiele sorg ook vir stabiliteit, maar moet nou nie gaan staan en jaag op ’n modderige afgrond nie – ry eerder in die parkie of ’n mooi gelyk grondpad.Prys R4 900 (Maart 2012)Kontak 012 687 5070

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM