Buitelewe

Sokkie vir die pyn

Ek het gesukkel met seer nekspiere toe my seun my vertel sy vriend se ouers gooi rys in ’n sokkie en sit dit dan vir 2 minute in die mikrogolfoond om warm te word. Die resultaat is ’n heerlike sagte ding wat vir lank warm bly wat ’n mens dan op al die seerplekke kan sit.Ek het ’n lang sokkie vol rys gestop, dit warm gemaak en om my nek gesit. Ek het sommer met die sokkie op my nek gaan slaap en die pyn was sowaar die volgende oggend weg. (En jou ontbyt is sommer byderhand in die sokkie. – Red.)Gebruik dit ook vir koue voete in die winter.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM