Buitelewe

Stroppe | Trek hom vas, Pappie!

Kyk, daar’s ’n mag der menigte stroppe en klampe op die mark waarmee jy toerusting op jou voertuig kan vasmaak. Maar nie alles is topgehalte nie. Ons het ’n paar goeies gaan uitsoek. ’n Los gassilinder, byl, brandblusser of beskuitblik bo-op of binne in jou wa is moeilikheid soek. Op die dakrak is daar veral meer vibrasie en beweging as in die kattebak of laairuimte.As jy jou swaarverdiende goeters dus nie van meet af aan ordentlik vasstrop of vasbout nie, is dit dalk beskadig of verlore teen die tyd dat jy by die Epupa-waterval aankom. En het jy al gesien wat ’n vlieënde hoogligdomkrag aan ’n werfhennetjie kan doen?*Alle pryse was korrek teen tyd van publikasie.Smartstraps-oprolstropSMARTSTRAPS RETRACTABLE TIE-DOWNSDié terugtrekbare stroppe is waarskynlik die beste uitvindsel sedert die dubbel-kaasburger. Dit verskil van ’n gewone sperband omdat sy band soos ’n maatband in die spoel terugtrek as jy dit nie gebruik nie.Die strop bestaan dus nie uit twee dele nie. Dis verspotmaklik om ’n vrag hiermee vas te maak, omdat die haak wat jy eerste aan die dakrak haak, stewig op sy plek vasgetrek word soos jy die strop na die ander kant toe trek.Daar’s ook geen los punte wat in die wind rondflap nie.Prys: 2m/340kg (paar) – R290; 3m/680kg (paar) – R420Kontak: SmartStraps Africa *079 079 6475; WegRy sê: As jy ’n hoë dakrak het en wonder hoe jy die strop bo-oor die vrag gaan trek as dit eers aan die een kant vasgehaak het, moenie bekommerd wees nie: jy kan ’n stuk band uittrek en dit “sluit” sodat uitgetrek bly en dan kan jy die hoek bo-oor die voertuig gooi.[box type="info" size="medium" style="rounded"]Sperstroppe’n Goeie sperstrop (ratchet strap) is die veiligste manier om swaar vrag vas te maak omdat die sperratmeganisme die band baie styf oor die vrag kan vastrek – die kans dat dit kan skuif of losskud is baie kleiner as met ’n gewone tou. Produkte van vervaardigers soos SecureTech en SmartStraps voldoen aan internasionale gehaltestandaarde, terwyl van die goedkoper Chinese produkte nie die SABS se gehalte-tjappie dra nie. Wat moet jy dus koop?As jy in ag neem dat goed op jou dakrak soos ’n koepeltent of ’n paar kampstoele dakrak relatief min weeg, ruk jy waarskynlik die hoender as jy die duurste strop koop wat tot 500 kg kan vasvat – jy sal OK wees met die winskopie. Aan die ander kant kan dit g’n skade doen om die 500 kg-strop te koop nie, want die kans dat die gespe gaan lol of dat die stiksels gaan loskom, is natuurlik kleiner. Vir duur en swaar goed soos jou National Luna-yskas in die kattebak kan jy maar ’n duurder strop oorweeg.[/box]Securetech-noodwielstropSECURETECH SPARE WHEEL TIE-DOWNAan bande gelêSecureTech maak ’n paar spesialis-stroppe, onder meer een om jou yskas binne jou voertuig vas te maak, en ook dié een om ’n noodwiel op die dakrak vas te maak.Dit kos omtrent ’n kwart van die prys van ’n metaal-noodwielklamp, en dis makliker om te skuif as jy die vrag op die dak beter wil balanseer.Prys: R105Kontak: Special Industrial Supplies *0861 040506; WegRy sê: Onthou net, hy kan nie sluit soos party klampe nie.Holdfast-stroppeHOLDFAST CAM RACK STRAPGoedkoop en maklikDié strop is nuttig en baie maklik om te gebruik, maar nie om swaar vrag vas te maak nie. Dit het nie ’n sperratmeganisme nie – jy trek hom dus net met spierkrag vas en nie met hefkrag nie. Dié Holdfast-stroppe se materiaal is meer rekbaar is as die poliëster van sperstroppe, en dit kom in lengtes van 1m, 2m, 3m en 5m.Prys: Vanaf R47 tot R78 per paarKontak: Holdfast *021 797 6559; WegRy sê: Kampstoele? Ja. ’n Noodwiel? Hmm, dalk nie so ’n goeie plan nie…Holdfast-slaprekkeHOLDFAST STRETCHIESlaprekkeDié rekke werk maklik en is sonder draadwerk, en dis in twee lengtes beskikbaar: 45 cm en 90 cm. Dit het metaalhake met ’n plastiekomhulsel oor die punte sodat jy nie die Range Rover se verfwerk beskadig nie.Prys: 45 cm – R13; 90 cm – R16Kontak: Holdfast *021 797 6559; WegRy sê: Pasop net, ’n rek kan jou ’n vet shiner gee as jy nie versigtig is nie.[box type="info" size="medium" style="rounded"]Rekke (bungee cords)’n Rek kan nie naastenby sulke swaar toerusting vasmaak soos ’n strop nie – moet dit nie eens oorweeg om enigiets op jou dakrak met ’n rek vas te bind as jy die langpad Maun toe vat nie.Maar dis heel lekker om die bondel hout op die dak vas te hou van die winkel tot by die kampplek. Of om die ratelende arm van die hoogligdomkrag vas te maak.[/box]Smartstraps verstelbare rekSMARTSTRAPS VERSTELBARE REKKyk ma, nou’s hy lank“One size fits all” werk dalk met sokkies, maar jy kan dit nie van ’n rek sê nie. As jy nie ’n hele gros rekke wil koop nie, kan jy dié verstelbare rek koop. Dit het ’n gespe waarmee jy die lengte van 60 cm tot 100 cm kan vergroot.Die staalhake is met plastiek oorgetrek sodat jy nie hoef jammer te voel vir jou silwer Pajero nie.Prys: R40Kontak: SmartStraps Africa *079 079 6475; WegRy sê: SmartStraps het ook ’n reeks plat bande, Bungee X, wat glo ’n beter greep het op goed wat moeilik vasmaak. ATG-stroppeATG ROK STRAPSRok en rolDié band is iets tussen ’n rek en ’n strop. Aan die een kant is ’n dik rek – soortgelyk aan ’n bungee chord, net baie sterker, en aan die ander kant ’n band, gemaak van poliëster soos ’n gewone strop.’n YKK-gespe verbind die twee dele, en jy kan die lengte en spanning daarmee verstel. Jy kan by die vrag uitkom sonder om die band los te maak – jy verslap dit net by die gespe. Dis beskikbaar in ’n paar groottes, van 60 cm tot 4,5 m.Prys: Vanaf R65 tot R109Kontak: All Terrain Gear *043 740 4616; WegRy sê: Dis veelsydig en maklik om te gebruik maar nie vir swaar goed soos jerrykanne bedoel nie. Dis ideaal vir kajaks en nylontente.Securetech-vragnetSECURETECH CARGO NETHou al jou varkies op hokDié net het 14 ankerpunte, elk met ’n gespe wat afsonderlik styfgetrek kan word, en SecureTech reken dis sterk genoeg om selfs swaar vragte stewig te hou.Dit word van dieselfde poliëster gemaak as hul sperstroppe, en jy weet dus dis gebou om te hou. Jy kry twee soorte gespes: ’n nylonskuifgespe en ’n selfsluit-metaalgespe.Prys: R490Kontak: Special Industrial Supplies *0861 040506; WegRy sê: Om elke oggend en aand 14 gespes oop en toe te maak kan op jou senuwees en spiere begin werk. Oorweeg dié net eerder as jy groot goed op jou dakrak hou sodat jy net die een kant kan losmaak en alles daar uitgly.[box type="info" style="rounded"]Vragnette’n Vragnet is baie soos Crocs – party mense kan nie daarsonder op vakansie gaan nie en ander kan hulle weer nie verdra nie. Die eintlike doel van ’n net is om ligte bagasie soos ’n nylontent en kampstoele bymekaar te hou. Of as jy ’n seil oor die vrag op jou dakrak wil span, is dit nuttig om dit met ’n net vas te trek sodat dit nie uitbol en flap nie. Maar as jy nie die net stewig oor al die goed op jou dakrak kan vastrek nie, behoort jy dit beslis nie vir veldry te gebruik nie.’n Vragnet is baie soos Crocs – party mense kan nie daarsonder op vakansie gaan nie en ander kan hulle weer nie verdra nie.Die eintlike doel van ’n net is om ligte bagasie soos ’n nylontent en kampstoele bymekaar te hou. Of as jy ’n seil oor die vrag op jou dakrak wil span, is dit nuttig om dit met ’n net vas te trek sodat dit nie uitbol en flap nie.Maar as jy nie die net stewig oor al die goed op jou dakrak kan vastrek nie, behoort jy dit beslis nie vir veldry te gebruik nie.[/box]Front Runner-klampeFRONT RUNNER JERRY CAN BRACKETBêre jou sousKoop die beste klamp vir ’n jerrykan waarop jy jou hande kan lê. ’n Jerrykan wat loskom van ’n dakrak of begin lek, kan perde veroorsaak. Dié klamp word gemaak van poeierbedekte vlekvrye staal en het plek vir twee 20 liter-kanne.Prys: R585Kontak: Front Runner *011 466 0155; WegRy sê: Front Runner-klampe word ontwerp vir Front Runner-dakrakke – hulle glip maklik in en jy kan net die boute vasmaak. Maar dit kan maklik aangepas word vir ander rakke, selfs al moet jy ’n gat of twee boor.[box type="info" style="rounded"]DakrakhouersDis moontlik om ’n klamp vir byna enigiets onder die son te koop – van ’n noodwiel tot ’n driepootpot. Koop klampe vir swaar goed wat moeilik is om vas te pak soos ’n hoogligdomkrag en gassilinders, maar moenie oorboord gaan nie. Hoewel klampe geriefliker en stewiger is as ’n sperband en jy dit kan sluit, is dit ook aansienlik duurder en baie swaarder.[/box]Quick Fist-rubberarmQUICK FIST RUBBER CLAMPSRubberarmDié swaardiensrubberklampe is nie sluitbaar soos sy metaaleweknie nie, maar dis beslis ’n goedkoper manier om goeters vas te maak waarop jy nie so heilig is nie, soos ’n ou graaf.Dis ook ideaal vir ’n flits of brandblusser in jou voertuig of bakkiekap, of selfs om gereedskap teen die garagemuur op te hang.Jy kan binne sekondes die graaf van die dakrak afhê en dit pas mooi styf om die toerusting sodat niks ratel nie.Dis gemaak van ’n sterk, UV-bestande rubber en is beskikbaar in verskillende groottes vir enigiets van ’n klein Maglite tot ’n hoogligdomkrag.Prys: R100–R300 per paarKontak: Special Industrial Supplies *0861 040506; ; ook beskikbaar by sekere Makro-winkels.WegRy sê: Jy boor net ’n paar gate in ’n dakrak om hierdie klampe vas te sit.Camp Cover-ammoboks-jasCAMP COVER AMMO BOX COVERAmmoboks-jasCamp Cover is ’n plaaslike maatskappy wat oortreksels maak vir enigiets van ’n toiletrol tot ’n yskas. Sy ammoboksreeks word gemaak van seil wat met PVC gevoer is, en jy kan kies uit sakke vir twee, drie en ses ammobokse.Prys: Vanaf R590 tot R1 020Kontak: Camp Cover *021 905 5005; WegRy sê: Ons het al gesien mense gebruik die groot oortreksels om ’n tent, kampstoele en ander sagte bagasie toe te draai.[box type="info" style="rounded"]Ammokrat-omhulsels Teen die tyd dat jy in die Caprivi aankom, is jou ammoboks lankal vol stof binne in. Dié omhulsel is ’n uitstekende manier om ammobokse wat jy bo-op jou dakrak hou, teen stof, son en die Kalahari-donderstorms te beskerm. Jy kan ook sperstroppe deur die lusse bo-op voer sodat jy dit vas kan trek op die dakrak.[/box]Securetech-vragsporeSECURETECH CARGO TRACKVat die spoorJy sal SecureTech in die meeste buitelug- en 4x4-winkels kry, en sy produkte se gehalte en naverkopediens is eersteklas. Die ringe word afsonderlik verkoop teen sowat R20 elk.Prys: R132 per meterKontak: Special Industrial Supplies *0861 040506; WegRy sê: SecureTech maak ook afsonderlike ankerpunte wat vasgebout kan word. As jy jou kar of bakkie nie soos die stasie op De Aar wil laat lyk nie, is dit dus iets om te oorweeg.[box type="info" style="rounded"]VragsporeAs jy nie genoeg hegtingspunte op jou dakrak of binne jou stasiewa of bakkie het nie, gebruik aluminiumvragspore. Dit bestaan uit ’n aluminiumspoor met geveerde ringe (dit word afsonderlik verkoop) wat in die gate gesit kan word om ’n hegtingspunt te vorm.Dit kan binne ’n sekonde of twee geskuif of uitgehaal word. Die spore kan as ’n enkelstrook gemonteer word, of in kleiner dele gesny en vasgesit word. As jy goed soos ammobokse en ’n koelhouer hiermee wil vasmaak, sal dit werk as jy die spoor met klinknaels vassit, maar vir swaar goed soos ’n groot yskas, moet jy eerder stewige M6-boute gebruik.[/box]Securetech-vragpaalPLAN B: SECURETECH CARGO BARVinnige oplossingDié paal werk omtrent soos daai stawe wat skoolseuns in hul deurrame gesit het as hulle wil spiere bou vir die rugbyseisoen. Hierdie staaf gebruik jy in jou 4x4 se kattebak of laairuimte.As jy die sperrat draai, druk die ente van die paal na buite, die paal word “gesluit” en dit vorm ’n versperring wat ’n vrag van tot 400 kg kan stewig hou.Prys: R290Kontak: Special Industrial Supplies *0861 040506; WegRy sê: Dis ideaal vir groot goed soos ammobokse en ’n koelhouer, maar jy moet goed kan legkaart bou om seker te maak alles is stewig gepak. As jou goed steeds kan skuif, stel ons voor jy gebruik ook stroppe.Hoogligdomkrag-bêreplekWaar moet ek die hoogligdomkrag bêre?’n Hoogligdomkrag weeg sowat 15 kg en moet so laag as moontlik gebêre word om nie jou voertuig te swaartepunt te versteur nie.Party mense bêre dit op die voorste of agterste buffer. Voorop kan ’n domkrag in ’n dodelike projektiel verander in ’n ongeluk, en agterop kan dit weer beskadig omdat die agterbuffer stamp en skraap as jy in die veld ry.Die dak bly dus oor… Dis hoegenaamd nie laag nie, maar wat kan ’n mens doen? As jy die dak gebruik vir die domkrag, is dit belangrik om die res van die vrag so te pak dat dit mooi balanseer. As jy dit aan die kant van die rak sit, maak seker dis regoor iets met ’n soortgelyke gewig soos ’n afdak of die gassilinders.’n Ander moontlikheid is om die domkrag voor of agterop die rak vas te sit.Voor jy koopHoe sterk? ’n Strop behoort twee graderings te hê: die bindlading (lashing capacity), wat die gewig is wat dit behoort te dra, en die breekkrag, wat die punt van stremming is wanneer die strop sal breek.Die bindlading is die belangrikste faktor – as jy ’n vrag van 150 kg wil vasmaak, sal jy noodwendig ’n strop koop wat ’n groter gewig kan hanteer, byvoorbeeld 200 kg.Hoe lank? Koop wat jy nodig het – vir ’n jerrykan het jy nie ’n nywerheidsterkte-strop van 9m nodig het. Kies korter stroppe indien moontlik, sodat jy nie lang stukke ongebruikte band moet wegbind nie.Een punt of twee? Jy kry twee soorte stroppe: die een soort het ’n haak aan elke punt wat oor ’n vrag getrek word – dis meer veelsydig – en die ander het ’n lus wat om die vrag getrek word (’n bietjie soos ’n belt). Laasgenoemde is nuttig om goed soos bondels hout bymekaar te hou.

Marilize Nel

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM