Jy hoef nie ’n elektroniese ingenieur of ’n kernfisikus te wees om ’n tweerigtingradio te kan gebruik nie, maar ’n bietjie basiese kennis sal van jou ’n meer doeltreffende gebruiker maak. Francois Smit* beantwoord ’n paar algemene vrae.
Goed, kom ons kry eers al die tegniese goed uit die pad:
Hoe werk dit?
Op sy eenvoudigste gestel, omskep of moduleer ’n tweerigtingradio jou stem in ’n elektromagnetiese sein wat dan op ’n spesifieke frekwensie versend word via ’n antenna wat aan die radio gekoppel is. ’n Ander radio ontvang die sein, en sit dit weer om in klank.
Die manier waarop jou stem of die sein omskep word, en die manier waarop die sein versend en ontvang word, word bepaal deur die soort radio wat jy gebruik.
’n Radiosein beweeg óf horisontaal in ’n reguit lyn tussen radio’s óf vertikaal die ruimte in.
Seine wat die ruimte in ver-send word, kan terug aarde toe gekaats word as dit een van die buitelae van die aarde se ionosfeer tref.
Dit klink eenvoudig, maar…
Hoe ver en duidelik ’n sein tussen twee of meer radio’s gestuur en ontvang kan word, word deur radiosein-propagasie bepaal. Nee, dis nie ’n vloekwoord nie, dis bloot die uitdrukking wat gebruik word om te verduidelik hoe radiogolwe van een punt na ’n ander beweeg.
Jy het geen beheer oor radiosein-propagasie nie, want dit word deur spesifieke atmos-feriese toestande bepaal. Omdat die toestande vir radiosein-propagasie feitlik uurliks verander, is goeie radio-kommunikasie net sekere tye moontlik wanneer die toestande gunstig is vir jóú spesifieke radio en frekwensie.
Reg, eers genoeg van die tegniese goed.
* Francois is ’n geregistreerde radio-amateur en mariene radio-operateur.
1. Tweerigtingradio’s vir beginners Voordat jy daardie radio koop wat jou oom beweer sy pa in die Slag van El Alamein in die Tweede Wêreldoorlog gebruik het, lees eers hier:
Hoekom het ek ’n radio nodig?
i) Pasop!
Veiligheid – ’n konvooi-leier kan die res van die konvooi waarsku oor ’n gevaar wat op of langs die roete is.
ii) “Donkies by 14,26 km.”
As al die voertuie in die konvooi GPS’e het, en dieselfde roete is op al die GPS’e gelaai, is dit nog makliker vir die leier om die konvooi te waarsku of ’n merker vas te stel, soos bv. “donkies by 14,26 km”, of “links by die vurk op 9,88 km”.
Jy kan dit ook gebruik om die lengte van die konvooi te bepaal: Die leier kan net die laaste lid in die konvooi vir ’n merker vra en dit van sy eie posisie aftrek − die verskil is ’n aanduiding van die lengte van die konvooi.
ii) Die son trek water …
Dit spaar tyd omdat dit nie nodig is dat die konvooi stilhou om inligting uit te ruil, planne te beraam of die volgende stilhouplek af te spreek nie. Jy kan ook die konvooi se beweging deur ’n dorp of beboude gebied makliker koördineer.
iv) Kyk dáár …
Radio’s maak die langpad minder vervelig.
v) Maak nuwe vriende.
Ek het al terwyl ek in die bos was suksesvol kontak gemaak met ’n ander radio-amateur in Australië. En dít is nogal opwindend.
Bl2 | Die vier gewildste
Wat is die vier gewildste soorte radio’s?
1. 29 MHz
- Die 4x4-gemeenskap gebruik meestal dié radio’s.
- Jy kan betroubaar oor ’n reikwydte van 3 km kommunikeer. Dit maak nie regtig saak wat die radio se kraglewering (output) is nie, sy reikwydte (range) bly min of meer dieselfde.
- 29 MHz-radio’s gebruik AM (amplitude-modulasie) en krag-lyne en vonkproppe is dus geneig om steurings te veroorsaak. Die klankgehalte kan dus soms swak wees.
- Kanaal 14 (29.8725 MHz), 15 (29.885 MHz) en 16 (29.8975 MHz) is opsy gesit vir die ge-bruik deur die 4x4-gemeen-skap. Daar is talle ander kanale en frekwensies, maar dit is aan ander gebruikers, soos regeringsdepartemente, toegeken.
- Onthou, net omdat jy miskien jou radio op een van hierdie kanale of frekwensies kan instel, beteken dit nie jy mag die kanaal gebruik nie.
- Baie mense verwar ’n 29 MHz-radio met ’n CB-radio. Hulle stem baie ooreen, maar die 29 MHz-radio versend op 29 MHz en die CB-radio op 27 MHz. Dit is die enigste frekwensie waarop dit werk. Daar word nie meer baie CB-radio’s gebruik nie, en jy sal dit dus baie selde in ’n konvooi kry.
2. BHF (baie hoë frekwensie of VHF)
- BHF-radio’s gebruik FM (fre-kwensiemodulasie), en kraglyne veroorsaak nie sommer steu-rings daarop nie. Die opvangs is gewoonlik helder en duidelik.
- FM-radio’s word meestal kommersieel deur veiligheidsmaatskappye en geleentheidsorganiseerders gebruik. Hoewel die 4x4-gemeenskap dit nog nie algemeen gebruik nie, raak dit al gewilder.
- Danksy die radio se krag-lewering van 5 tot 50 Watt is betroubare kommunikasie tot op 10 km moontlik. In baie buitengewone omstandighede het sulke radio’s al tot op 100 km gewerk.
- Aangesien die BHF-radiogolf net in ’n reguit lyn kan beweeg (dit word die siglyn of line of sight genoem), moet daar niks tussen die sender en die ontvanger staan nie.
3. UHF (ultrahoë frekwensie)
- UHF-radio’s, wat ook FM gebruik, word selde deur die 4x4-gemeenskap gebruik.
- Dit gebruik ’n baie hoër frekwensie as die BHF-radio en word veral deur die polisie en nooddienste ingespan.
- Baie klein handradio’s (walkie-talkies) gebruik UHF. Omdat dit FM en ’n baie hoër frekwensie gebruik, is die klank beter en het dit ’n beter reikwydte.
4. HF (hoë frekwensie)
- ’n HF-radio is ’n meer gespesialiseerde radio wat oor ’n baie groot afstand kan uitsaai en ontvang. Dit word meestal deur lugvaartowerhede, op see en deur radio-amateurs gebruik.
- Hul kraglewering wissel van net 1 Watt tot ’n paar honderd Watt.
- Die radio se propagasiekenmerke stel dit in staat om golwe die ruimte in te stuur wat teruggekaats word aarde toe – tot ’n paar duisend kilometer verder.
- Hierdie soort radio is gewoonlik moeiliker om te gebruik en die operateur moet die radio en heelwat tegniese data ken: Hy moet o.m. weet watter frekwensie hy waar en wanneer moet gebruik, wat die beste plasing en rigting vir die antenna is, en wanneer om kontak met ’n ander stasie te verwag.
- Voor die koms van satelliet-radio’s en -fone, was dit die beste (indien nie die enigste nie) uitweg vir langafstandkommu-nikasie in afgeleë dele van Afrika en Australië.
Hoekom gebruik jy nie sommer ’n satellietfoon nie?
’n Satellietfoon is nuttig, ja, maar dit het sy beperkings.
Die foon se reikwydte word nie deur atmosferiese toestande beïnvloed nie en kan daarom elke sent werd wees vir mense wat alleen reis – veral in ’n noodgeval.
Vir daaglikse kommunikasie in ’n konvooi kan die koste nogal ’n aardige bedrag beloop.
Afgesien van die koste om die foon te koop of te huur is lugtyd boonop duur.
Jy kan net satelliettyd in groot hoeveelhede of “blokke” koop en jy moet in Amerikaanse dollar daarvoor betaal. Jy kan ook nie lugtyd oordra nie.
Indien jy ’n foon koop of huur, sê voor jou vertrek vir die mense tuis wat hulle moet doen en wie om in ’n noodgeval te kontak.
Wat van ’n handradio’tjie (walkie-talkie)?
Vanweë sy beperkte reikwydte maak dié radio’tjie nie juis hond haaraf in ’n konvooi nie, en is dit selfs minder doeltreffend as jy dit binne ’n voertuig gebruik.
Maar hulle werk goed in ’n konvooi waar jy net kontak wil maak met die voertuig wat reg voor jou ry, as jy stilhou en die kinders verdwyn, of as iemand wegdwaal om foto’s te neem.
Wat gebeur as die lede van die konvooi verskillende soorte radio’s het?
Jy kan net verskillende soorte radio’s in ’n konvooi gebruik as jy ’n multi- of ’n driebandradio (BHF, UHF en HF) gebruik.
Andersins geld die volgende: ’n 29 MHz kan net met ’n 29 MHz praat, ens.
Watter radio is geskik vir langafstandkommunikasie?
As jy iets soek wat oor die aardbol kan uitsaai, oorweeg ’n HF-radio.
Watter soort radio moet ek dus koop?
Die antwoord is eenvoudig: Koop die soort radio wat jy nóú nodig het. Moenie die dam onder die eend uitpluk en iets koop wat jy dink jy later dálk sal nodig kry nie. Hier is ’n paar riglyne:
Koop jou eie.
Sommige klubs verhuur wel radio’s, maar ná ’n paar keer se huur kon jy maar net sowel jou eie gekoop het.
Een vir almal …
Koop die radio wat die meeste gebruik word deur die groep wat saam met jou vakansie hou. Die 4x4-gemeenskap gebruik meestal 29 MHz-radio’s.
Spesiale prys, net vir jou.
Koop wat jy kan bekostig: ’n 29 MHz-radio kos sowat R900 en ’n goeie tweedehandse BHF-radio sowat R1 500. ’n Nuwe BHF-radio sal tussen R1 500 en R2 500 kos, en jy kan ’n HF-radio vir tussen R7 000 (nuut) en R20 000+ in die hande kry.
Teen die gemiddelde prys van ’n nuwe BHF-radio, oorweeg dit liewer om ’n goeie tweedehandse 29 MHz- én ’n BHF-radio te koop – of koop albei nuut! Dit gee jou die beste keuse en jy sal nie beperk word tot kommunikasie binne jou groep nie.
Voordat jy ’n tweedehandse radio koop, laat dit by ’n gevestigde diensverskaffer nagaan.
Is dit veilig om tweedehands te koop?
Ouer 29 MHz- en BHF-radio’s gebruik sogenaamde discrete components (oorwegend kristalkomponente met ’n voorafgestelde frekwensie).
Dis gewoonlik groter en goedkoper as die nuwer stelle, maar is geneig om jou op ’n reis in die steek te laat omdat die onderdele losskud en breek.
Koop liewer ’n moderner radio met oppervlakmonteertegnologie (OMT) sodat die komponente nie vibreer in verhouding tot die monteerposisie nie. Bl 3: 5 soorte radio's ..
5 Types of radios … pick one
| Soort |
Normale
lewering |
Reikwydte |
Lisensie
nodig? |
Voordele | Nadele |
|
Klein
twee- rigting |
<1 W | < 1 km | Nee |
• Draagbaar
• Kompak • Maklik om te gebruik • Bekostigbaar |
• Beperkte reikwydte
• Slegs siglyn • Beperkte batterykrag |
|
27 MHz
(CB- radio) |
< 5 W | 1-10 km | Ja |
• Nie veel nie –
moenie een koop nie |
• Verouderd
• Ou tegnologie • Onbetroubaar |
| 29 MHz | 1-5 W | 1-10 km | Ja |
• Bekostigbaar
• Nuttig in ’n konvooi • Klublisensie moontlik |
• Beperkte reikwydte
• Slegs siglyn • Geneig tot steurings • Seinhelderheid is maar so-so • Lang antenna nodig • Nie baie modelle is in die handel beskikbaar nie • As dit breek, sal dit waarskynlik vervang moet word |
| BHF / UHF | 5-75 W | 5-10 km | Ja |
• Gebruik FM (duidelike sein)
• Stabiele en betroubare kommunikasie • Ideaal vir ’n konvooi • Beperkte steurings • Heelwat modelle in die handel waaruit jy kan kies • Die antenna kan baie klein wees |
• Duurder
• Beperk tot gelisensieerde frekwensies |
| HF | 5-100+ W | Global | Ja |
• Nou praat jy!
• Ideaal vir langafstandkommunikasie • Baie moontlikhede vir gebruik in noodgevalle omdat langafstandkommunikasie moontlik is • Drieband-opsies is beskikbaar (HF, BHF, UHF). Dit beteken jy het in werklikheid ’n 29 MHz-, 27 MHz-, BHF- en UHF-radio in een |
• Duur
• Beperk tot gelisensieerde frekwensies • Net geskik as jy van plan is om ’n radio-amateur te word • Jy het ’n antenna van minstens 2,5 m nodig |
Bl 4: Wat van dié een? Wat van dié een? Francois gee sy mening oor ’n paar modelle wat hy al gebruik het:
KLEIN TWEERIGTINGRADIO’S
Daar is heelwat modelle beskikbaar, en moet dus nie die eerste die beste stel koop nie.
Hulle is klein, gebruiksvriendelik en het ’n reikwydte van tot 5 km (na gelang van die terrein en die toestande).
Hulle het ook 8 kanale en 38 kodes, wat jou 304 privaatheidsopsies gee.
Prys: R500 tot R1 000 per stel.
Francois sê: Moenie wonderwerke verwag nie – jy kry waarvoor jy betaal het.
BHF-RADIO
Icom ICF121
Dit is ’n goeie kommersiële BHF-radio en baie sterk.
Dit het ’n kragtige 50 W-lewering en kommunikasie oor ’n siglyn van 1-20 km (jy kan 5 km so te sê waarborg).
Prys: Vanaf R1 500.
Francois sê: Oorweeg ook BHF-modelle van Kenwood, Yaesu en Motorola. Die geskikste model vir jou is die een waarvoor jy die beste diens in jou omgewing kan kry – nie net hersteldiens nie, maar ook om die radio na verskillende frekwensies te herprogrammeer.
HF-RADIO
Icom 706 MkIIG
Dit het te veel kenmerke om op te noem.
Dit is o.m. ’n multi-bandradio met HF, AM, BHF en UHF, en sy lewering wissel van 20-100 W, na gelang van die band.
Prys: Die radio kos R7 000+, maar vir doeltreffende installering het jy ook ’n outomatiese antenna-afstemmer (tuner) (R4 000+), en ’n goeie antenna (R1 000) nodig. Soms kry jy ’n gelukskoot en kan jy die hele pakket vir minder as R15 000 in die hande kry (oeps ... ek hoop nie my vrou lees hierdie nie).
Francois sê: Dit is die koning van die radio’s – maar jy moet ’n gekwalifiseerde en geregistreerde radio-amateur wees om een te besit of te gebruik. Dit is die moeite werd om een te koop as jy van plan is om redelik diep in afgeleë dele van Afrika te toer.
29 MHZ-RADIO
Navstar SY-101 (handmodel)
Dié radio is ’n móét vir ’n konvooileier as 29 MHz die konvooi-standaard is.
Die radio is doeltreffend op roetes waar die toerleier by moeilike hindernisse buite sy voertuig moet staan om die res van die konvooi daardeur te begelei.
Dit kan wissel tussen hoë en lae kraglewering, wat batterykrag spaar, en ’n eksterne kragpunt.
Prys: Vanaf R1 380.
Francois sê: Dit is die enigste handmodel-29 MHz-radio wat in SA beskikbaar is – en een wat ek al dikwels gebruik het.
BHF-RADIO
Kenwood TK-278 (handmodel)
Ek het hierdie radio tweedehands gekoop en gebruik dit al langer as drie jaar.
Jy skakel dit net aan en siedaar!
Maar kyk eers rond en oorweeg ander modelle.
Wat lekker is van die klein TK-278, wat sonder ’n rekenaar geprogrammeer kan word, is dat dit ook baie maklik op ander frekwensies geprogrammeer kan word.
Ek gaan nooit veld toe daarsonder nie.
Dit is ’n veelsydige en sterk radio wat tot 14 uur op ’n slag kan werk, dit het ’n funksie wat batterykrag spaar, en dit waarsku jou as die batterykrag min raak.
Net soos die 29 Mhz-handmodel is dit ’n onmisbare hulpmiddel vir ’n toer- of konvooileier waar BHF-radio’s die standaard is.
Prys: Vanaf R1 300 per eenheid (tweedehands).
Francois sê: Die klein antenna maak dit minder doeltreffend as sy geïnstalleerde eweknie. As jy dit met ’n buite-antenna toerus, sal dit beter werk.
Bl 5: Die papierwerk ...
2. Die papierwerk …
Noudat jy besluit het wat jy wil koop, is daar ’n paar admin-goedjies wat jy moet afhandel voordat jy jou debuut op die eter kan maak:
Vir watter soort radio’s het ek ’n lisensie nodig?
Die enigste radio waarvoor die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) nie ’n lisensie vereis nie, is ’n handradio met ’n lewering van minder as 0.5 W.
Wat is die lisensie-vereistes?
Enigeen kan ’n lisensie kry.
Verskillende radio’s vereis egter verskillende lisensievlakke, na gelang van die gebruik daarvan.
Waar en hoe doen ek aansoek?
Gaan na jou naaste Okosa-kantoor (besoek www.icasa.org.za) en vul die bielie van ’n registrasievorm in.
Andersins kan jou klub namens jou om ’n lisensie aansoek doen.
Die klub sal ’n gevestigde registrasieproses by Okosa hê. ’n Klub-lisensie beperk jou egter tot die klub se spesifieke frekwensie.
Jy het ’n lisensie vir jou as individu nodig as jy ’n radio op die mariene of ’n amateurbande wil gebruik, sowel as ’n lisensie vir jou radio.
’n Radio word altyd met ’n lisensie verkoop wat die frekwensie waarop die radio vooraf ingestel is, bepaal. Die voorafbepaalde frekwensie kan nie verander word nie.
Is daar ’n lisensie-tarief?
Ja, die tarief word bepaal deur die soort radio en die frekwensie wat jy gaan gebruik.
Moet ek ’n lisensie hê voordat ek ’n radio kan koop?
In die meeste gevalle, ja. Handelaars word deur die wet verbied om radio’s te verkoop voordat hulle ’n bewys van jou lisensie gesien het. Die meeste handelaars sal namens jou aansoek doen as jy die radio by hulle koop.
Wees net versigtig – daar is handelaars wat hulle nie hieraan steur nie en met ’n glimlag ’n radio aan jou sal verkoop sonder dat jy ’n bewys van jou lisensie toon.
Veral as dit by BHF- en HF-radio’s kom, kan dit jou en die handelaar in groot moeilikheid laat beland.
Moet die owerheid ook my radio goedkeur?
Ja, dit moet voldoen aan Okosa se standaarde. Oor die algemeen is die radio’s wat in die handel beskikbaar is, reeds deur Okosa goedgekeur.
In die meeste gevalle is dit onwettig om ’n radio sonder kanale (waarvan jy self die frekwensie kan verander) te gebruik, tensy jy ’n geregistreerde lug-vaart-, mariene, of ’n amateur radio-operateur is.
Wat is die wetlike vereistes om ’n radio tweedehands te koop of te ver-koop? Dink daaraan soos aan die koop van ’n tweedehandse motor. Jy moet al die besonderhede hê van die persoon by wie jy die radio koop, waaronder die besonderhede van die persoon se lisensie, sowel as die lisensie vir die radio.
Jy kan op jou beurt ook net jou radio aan ’n gelisensieerde gebruiker verkoop. Maak net seker die lisensie word in die koper se naam oorgedra – Okosa sal jou gratis hiermee bystaan.
Kan ek ’n frekwensie koop?
Niemand kan regtig ’n frekwensie “koop” nie. Jou lisensie sal bepaal watter frekwensie jy mag gebruik en dit kan vir jou persoonlik gereserveer word – dit beteken niemand anders mag op jou frekwensie inluister of daarop uitsaai nie.
Byvoorbeeld, ’n aflewerings-onderneming kan ’n spesifieke frekwensie reserveer wat sy vloot voertuie eksklusief kan gebruik. Sommige klubs werk op dieselfde beginsel en reserveer ’n spesifieke frekwensie vir konvooidoeleindes.
As jy om ’n lisensie aansoek doen deur ’n klub wat sy eie gereserveerde frekwensie het, kan jy slegs daardie toegewysde frekwensie te gebruik.
Kan ek my radio in ander lande gebruik?
Ja, maar maak seker jou papierwerk is in orde vóórdat jy oor die grens gaan – sorteer jou radio-lisensie sommer uit wanneer jy om ’n visum aansoek doen.
Elke land het ander vereistes en protokol waaraan jy moet gehoor gee.
Jy moet betyds – minstens ’n maand voor jou vertrek – by daardie land se kommunikasie-owerheid aansoek doen. Kontak Okosa vir meer besonderhede.
Indien jy nie ’n lisensie het nie, kan daar op jou radio en selfs jou voertuig beslag gelê word.
Bl 6: Amper daar ...
3. Amper daar ... Noudat jy ’n radio (met al die nodige dokumente) het, moet dit steeds behoorlik geïnstalleer of ingebou word. En dis tyd dat jy die fyner puntjies ook onder die knie kry:
Kan ek my radio en antenna self installeer?
Jy het jou hand diep in die sak moes steek vir jou toerusting, en behoorlike installering en antenna-plasing sal nie net keer dat jy jou kosbare toerusting beskadig nie, maar ook verseker dat jy jare lank goeie en betroubare kommunikasie het.
Ek weet van baie mense wat ’n aardige bedrag vir ’n goeie radio betaal het, maar dit nie behoorlik geïnstalleer het nie. Hul radio’s gaan nooit so doeltreffend wees soos ’n goedkoper radio wat behoorlik geïnstalleer is nie.
Laat jou radio eerder by ’n professionele diensverskaffer installeer. Dit kan enigiets van ’n paar honderd rand vir ’n 29 MHz- of BHF-radio, tot ’n paar duisend vir ’n goeie HF-installering kos.
As jy dit self wil doen, doen deeglik navorsing en sit ’n hele paar Saterdae hiervoor opsy.
Watter antenna moet ek kies?
Dit hang af van jou soort radio en watter band jy gebruik – daar is ’n groot verskeidenheid op die mark, wat elkeen sy eie voor- en nadele het. Dit is daarom belangrik dat jy die regte antenna kies en dit behoorlik laat installeer.
Vra raad by jou diensverskaffer.
Kan ek my radio se reikwydte verbeter?
Nee, want die reikwydte word bepaal deur die radio se lewering en die band waarop jy uitsaai.
Meer krag beteken nie noodwendig groter reikwydte nie. ’n BHF-radio met selfs 1 000 W kraglewering gaan steeds net in die siglyn uitsaai.
Jy kan egter wel jou radio meer doeltreffend laat werk. Twee faktore beperk die doeltreffendheid van jou radio: die gehalte van die installering van jou antenna en jou radio. ’n Goeie installering sal jou radio se doeltreffendheid verbeter, en eksterne steurings beperk.
Kan my radio by ander radio’s in-meng, en omgekeer?
Ja, as jy ’n frekwensie sonder toestemming gebruik, sal jy inmeng by enigeen wat dieselfde frekwensie in jou reikwydte ge-bruik. Dit is een van die redes waarom radiokommunikasie en radiogebruik streng deur wetgewing gereguleer word.
Is daar ’n verskil tussen radio-etiket en -protokol?
Radio-protokol is die amptelike prosedure waarby jy moet hou en wat jy moet respekteer as jy ’n radio gebruik – etiket is minder formeel.
Onthou, radio’s in ’n konvooi is nie daar om nonsens te praat nie. Die Off-Road Radio Association (Orra) stel die volgende radio-prosedure en -etiket voor:
Dis ek, man! Anders as vroeër is dit aanvaarbaar om jou naam as roepsein te gebruik.
Is enigiemand daar? Terwyl jy uitsaai, kan niemand anders die frekwensie gebruik nie. Luister dus of die frekwensie “skoon” is voordat jy begin uitsaai.
Kom in, Katvis, kom in. Maak seker jy het die ander party se aandag voordat jy begin uitsaai.
Oor en uit. Dit is nie nodig om ’n uitsending met “Oor” te eindig nie, maar dit dui die einde van die gesprek aan en word as hoflik beskou.
Vat ’n ruskans. Laat ander partye tussen jou uitsendings toe om “in te kom” deur 3 tot 4 sekondes te wag voordat jy op ’n uitsending reageer.
Bla, bla, bla… Hou jou uitsending kort en saaklik.
Ferm. Praat duidelik en direk in die mikrofoon en hou die uitsaai-sleutel heeltyd ferm in.
Die ene ore. As jy jou volume móét sagter stel, lig eers jou konvooileier in. Onthou dan om die volume weer harder te draai en dit by die konvooileier aan te meld.
Oeps! As jy vermoed jy en iemand anders het gelyk uit gesaai, wag dat die ander uitsending eindig voor jy weer begin uitsaai.
In noodgevalle.
Moet nooit in gewone omstandighede “Mayday, Mayday, Mayday” op die radio gebruik nie – gebruik dit nét as ’n lewe bedreig word. Gebruik liewer iets soos “het bystand nodig”, “het mediese sorg nodig” of selfs “noodgeval” as die situasie nie lewensgevaarlik is nie. En nee, “kort koue bier” is nie ’n noodgeval nie.
Koedoes links … nee, wag. Moenie sommer die radio gebruik as jy wild kyk nie – jy kan die diere verwilder of iemand se video-klankbaan bederf.
Hy is so vet hy het sy eie areakode. Moenie toelaat dat kinders die radio sonder toesig gebruik nie, en moenie by grensposte of padblokkades aanmerkings maak wat in swak smaak kan wees nie.
Waarheen gaan jy nou? Maak seker jou toerusting is in ’n goeie toestand, want dit is kommerwekkend (en baie irriterend) as iemand eenvoudig van die lug af “verdwyn”.
Bl 7: Klink soos 'n kenner
Klink soos ’n kenner Jy kan ’n paar mense beïndruk as jy van hierdie uitdrukkings gebruik:
Lewering (output)
Dit beteken eintlik.
Die krag waarteen die radio uitsaai. Dit word in Watt gemeet.
Wat beteken dit vir my?
Lewering word wetlik beheer, wat ’n beperking op die frekwensie, die gebruiker en die radio plaas. Dit beteken, byvoorbeeld, ’n BHF-radio is beperk tot tussen 5 en 50 W, en die gebruiker van ’n BHF-radio is beperk tot hoogstens 25 W.
Kanaal
Dit beteken eintlik.
n Reeks geheueposisies waar frekwensie en verwante inligting gebêre word.
Wat beteken dit vir my?
Elke individu of organisasie kry ’n lisensie vir ’n spesifieke kanaal. Onthou, ’n CB-, 29 MHz- en BHF-radio werk op kanale, maar nie ’n BHF- en HF-radio nie.
Modulasie
Dit beteken eintlik.
’n Metode waarvolgens inligting by ’n radiofrekwensiedraer gevoeg word. Elke radio gebruik ’n ander modulasie-metode:
- FM: Frekwensie-modulasie
- AM: Amplitude-modulasie
- SSB: Single side band modulation
- USB: Upper side band modulation
- LSB: Lower side band modulation
Wat beteken dit vir my?
Indien jy ’n BHF- of UHF-radio koop, sal dit waarskynlik ’n FM-radio wees. Die 29 MHz- en ou CB-radio’s gebruik meestal AM.
SSB, USB en LSB ... jy hoef net hierdie uitdrukkings te ken as jy ’n gespesialiseerde radio-operateur is.
Frekwensie
Dit beteken eintlik.
ULF: Ultralae frekwensie (0-1 MHz) – hierdie band-wydte word slegs onder die water gebruik, byvoorbeeld deur duikbote.
- LF: Lae frekwensie (1-3 MHz) – slegs vir gebruik in die seevaart.
- HF: Hoë frekwensie (3-50 MHz)
- BHF: Baie hoë frekwensie (31-300 MHz)
- UHF: Ultrahoë frekwensie (300 MHz en hoër) – dit word byvoorbeeld in selfone en televisies gebruik.
Wat beteken dit vir my?
Die radio se frekwensie sal vooraf geprogrammeer wees en ’n spesifieke kanaal sal daarvoor toegeken wees. As jou radio op jou klub se frekwensie ingestel is, kan ’n radiotegnikus die frekwensie verander as jy later by ’n nuwe klub aansluit. Dit is ’n baie eenvoudige programmeringsproses. Maak net seker jou lisensie maak daarvoor voorsiening.
Simpleks
Dit beteken eintlik.
Uitsending (Tx) en ontvangs (Rx) vind op dieselfde frekwensie plaas.
Wat beteken dit vir my?
Moenie jou nie daaraan steur nie.
Dupleks
Dit beteken eintlik.
Uitsending vind op een frekwensie, en ontvangs op ’n ander frekwensie plaas. Byvoorbeeld: In die amateur BHF-band is die verdeling (dupleks) tussen Rx en Tx 600 Hz, dus sal RX 146.750 MHz en TX 145.150 MHz wees.
Wat beteken dit vir my?
Moenie jou nie daaraan steur nie.
Subtone
Dit beteken eintlik:
’n Metode van enkodering wat gebruik word om op ’n spesifieke frekwensie te enkodeer en te dekodeer. Dit verseker gewoonlik dat jou uitsending privaat is. Byvoorbeeld, as jy op 150 MHz, subtoon 118 uitsaai, sal slegs iemand wat op dieselfde subtoon ingeskakel is, dit kan hoor en met jou kan kommunikeer.
Wat beteken dit vir my?
Om private kommunikasie te verseker word sommige frekwensies saam met ’n subtoon toegeken. Maak seker jy weet watter toon dit is, ingeval jy jou radio wil laat herprogrammeer.
Band
Dit beteken eintlik.
’n Frekwensiewydte wat deur die wet vasgestel is. Byvoorbeeld, die mariene band is slegs 156-162 MHz.
Wat doen dít?
Dit het dalk soveel knoppies soos die binnekant van ’n ruimteskip, maar dit is eintlik nie moeilik om ’n radio te werk nie:
Volume:
Dit spreek vanself.
Squelch:
Dit verstel die drumpel vir inkomende seine. Slegs seine bo ’n sekere stelling kan gehoor word. Hierdie verstelling is veral belangrik by 29 MHz-radio’s. Draai die knop heeltemal kloksgewys totdat die agtergrondsuising op sy hardste is – draai dit dan weer terug totdat die geraas uitdoof.
Channel selector:
Hier kies jy die kanaal wat jy gaan gebruik (en dus die frekwensie).
RF gain:
Radio’s het óf ’n RF-toenamebeheerder (RF gain control) óf ’n RF-demperskakelaar (RF attenuator switch). Dit verander die sensitiwiteit van die radio na gelang van gebruik en die atmosferiese toestande.
Geraasbeperker (noise limiter):
Filterbane kan aangeskakel word om vals geraas te verminder of geraas wat deur inmenging veroorsaak word, te verwyder van die sein wat ontvang is.
Soekknoppie:
Nuwer radio’s kan outomaties deur frekwensies en kanale soek.
| 588.5 KB |












