
Video deur Nick DallAlmal hou van ’n vlymskerp mes wat sekuur en sonder enige sap wat spat deur ’n tamatie of tjop kan sny. Hier toets ons gereedskap-boffin, Nick Dall, 12 van die gewildste messe waarmee jy kan reis.Ons het regte messe gekies – goed wat gemaak is om eetgoed te sny – nie ’n gereedskapskis op ’n stokkie nie. Al het party van hulle ander kontrêpsies ook, is die lem mos die belangrikste komponent.












