Buitelewe

Tulbagh: Weg se fotoslypskool

(Samantha Reinders)

'n Paar van Weg se fotoslypskole word vanjaar op die mooie Tulbagh aangebied. Hier is berge, wynplase en geskiedkundige geboue wat fantastiese fotogeleenthede bied.

Of jy nou foto's wil neem om in jou sitkamer te hang of om jou vriende groen van jaloesie te maak op Facebook, kom leer saam met ons hoe om goeie foto's te neem. én jy gaan hope pret hê.

Bespreek (en gou ook) blyplek op die dorp!

Jy hoef nie veel van kameras te weet of hope geld te hoes vir die kursus nie. Ook nie eens 'n fênsie lenskamera te besit nie… As jy wel een het, puik, maar jou mik-en-druk sal ook werk.

Wat gaan ek leer?

Aan die hand van 'n stel uitgebreide notas kyk ons na fotografiese beginsels soos beligting, lig en hoe om jou voorwerp te raam.

Ons hou die groep klein ('n maksimum van 16 deelnemers) sodat elkeen individuele aandag kan kry - ons sal sorg dat jy verstaan waarvoor elke knoppie op jou kamera is. Dit alles leer jy in die mooie Tulbagh en verken die omgewing met sy ongelooflike lig, mense en atmosfeer.

Wanneer?

Die slypskole begin om 4 nm. die Vrydag en eindig om 12 nm. die Sondag.

Hoeveel kos dit?

Die slypskool kos R2 690 p.p.*.

Dit sluit in:

• praktiese onderrig en notas,

• Vrydag én Saterdag se aandete by 'n plaaslike restaurant.

** Jou verblyf en drankies is vir jou eie rekening.

** Metgeselle is meer as welkom. As hulle saam Vrydag- en Saterdagaand wil eet, gaan dit R500 ekstra kos.

Ja, ek wil gaan!

Om jou plek vir die slypskool te bespreek:

Kontak vir Donve Myburgh 021 443 9830 donve.myburgh@media24.com

Om verblyf te bespreek:

Gaan na www.safarinow.com vir verskeie soorte verblyfopsies.

Ferdie Viljoen
Ferdie Viljoen
Bets Zuidmeer
Bets Zuidmeer (Samantha Reinders)
Liesel Lund
Liesel Lund

Program:

VRYDAG

4nm: Ons ontmoet en verwelkom almal. Hier gaan ons na almal se kameras kyk en seker maak dat jy weet hoe om die meeste te maak van jou spesifieke kamera (mik-en-druk of SLR) gedurende die slypskool.

7nm: Verwelkomingsaandete

SATERDAG

7.30 vm. - 8.30 vm.: Opsionele fotosessie

10 vm. - 12 nm.: Teorieles oor beligting

12 nm. - 1.30 nm.: Middagete

1.30 nm. - 3.30 nm.: Teorieles oor komposisie

4 nm. - 6.30 nm.: Fotosessie op een van die omliggende plase waar ons die teorie wat ons geleer het in praktyk gaan beoefen. (Aan die einde van dié sessie moet jy jou geheuekaart inhandig. Jou foto's word dan oornag afgelaai en die volgende oggend sal ons na van hulle kyk en bespreek.)

7.00 nm.: Aandete

SONDAG

8.30 vm. - 11 vm.: Ons sal in twee groepe verdeel en na die goeie en slegte eienskappe van ons foto's van die naweek kyk.

11.30 vm. - 12 nm.: 'n Skyfievertoning van die naweek se beste foto's.

Enige vrae?

Skakel vir Sam Reinders by 078 121 3098 of stuur 'n e-pos na samreinders@gmail.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM