’n Leser wil weet watter plant dié is en of hy dit ná die blomtyd met saad kan vermeerder.
JJ van Rensburg van Garden World antwoord: Jou foto is van ’n skulpblomranker (Phaseolus caracalla) uit die warm, gematigde dele van die Amerikas. Dis ’n lid van die peulplantfamilie (wat ook eetbare boontjies insluit) en die blom is nie net mooi nie, dit het ook ’n lieflike geur. Hoewel meerjarig, sal die plant nie langer as sowat twee jaar hou nie, maar jy kan dit maklik van saad kweek. Dis ’n ywerige ranker wat soos onkruid groei, maar nie moeilik is om in toom te hou nie.

http://tuis.co.za/tuindagboek/amerikaanse-skoonheid/attachment/dsc_0112/













