Huis + tuin

Bienvenue!

(Francois Oberholster)

Oorrompel jou gaste met die intrapslag as hulle dié Franse konsoletafel in jou portaal teëkom.

(Francois Oberholster)

Inkopielys

• ses 900 (l) x 90 mm-dennehoutpote, wat jy aan die “bokant” 50 mm korter moet saag tot 850 mm

• een 2 400 x 44 x 22 mmdennehoutplank, gesaag in: veertien 90 mm-stutte (vir die middelste en sypanele) twaalf 40 mm-stutte (vir die blad en die rak onder)

• een 2 400 mm- en een 3 000 x 96 x 22 mm-dennehoutplank, gesaag in: vier 1 026 mm-lengtes (voor- en agterpanele) drie 238 mm-lengtes (middel- en sypanele)

• twee 2 400 x 455 x 20 mm-blaaie gelamineerde dennehout, waarvan jy een heel gebruik (tafelblad), en een saag tot 2 320 x 418 mm (rak)

Gereedskap

• (koordlose) boor en gidsboorpunt

• skuurmasjien

• tekendriehoek

• figuursaag

• verdiepskaaf

• potlood

• maatband

Plus

• houtlym

• 60 mm-snyskroewe

• 40 mm-snyskroewe

• 120-grint-skuurpapier

• houtvuller

• akriel-PVA

• verfkwas of sponsroller

Stap: 1

Skroef twee 90 mm-stutte alkant van een “boonste” hoek van vier pote vas met 60 mm-snyskroewe; die twee “middel”-pote kry nog ’n stut aan ’n teenoorstaande sy. NB Sorg dat die skroewe nie oorvleuel nie.

(Francois Oberholster)

Stap: 2 

Meet 100 mm van die onderkant van elke poot en skroef ook ses 40 mmrakstutte in die middel van die basis vas.

(Francois Oberholster)

Stap: 3

Skroef die 238 mm-middel- en -sypanele aan die 90 mm-stutte by die pote vas. Sit ook ’n 40 mm-stut teen die borand van elke middel- en sypaneel – dis waar die tafelblad aan die raamwerk gaan vaskom.

(Francois Oberholster)

Stap: 4

Herhaal die proses en bou die hele raamwerk deur ook die langer 1 026 mmpanele tussen die bokante van die pote vas te skroef; sien die skets vir detail.

(Francois Oberholster)

WENK: Wanneer al die gate geboor en elke paneel vasgeskroef is, kan jy die skroefgate met behulp van ’n spatel opvul met houtvuller.

(Francois Oberholster)

Stap: 5

Posisioneer die raamwerk onderstebo reg in die middel van die tafelblad. Skroef die blad van “onder” af aan die stutte vas. LW Moenie die skroewe te diep indraai nie!

(Francois Oberholster)

Stap: 6

Merk ’n 90 x 90 mm-vierkant by elke hoek van die rak, asook in die middel (sien skets). Saag dié dele met die figuursaag uit. Maak seker al die hoeke is haaks.

(Francois Oberholster)

Stap: 7

Plaas die rak tussen die pote, op die stutte wat jy in stap 2 vasgesit het. Skroef die rak van “onder” af vas, net soos die tafelblad in stap 5.

(Francois Oberholster)

Stap: 8

Rond die tafelblad met jou verdiepskaaf af deur dit ’n sierlike profielrandjie te gee.

(Francois Oberholster)

TER AFRONDING

Vul alle merke en gate met houtvuller, laat dit droog word en skuur dié plekke, asook al die rande, liggies glad. Wend onderlaag oor al die oppervlakke aan. Wag tot dit droog is en wend dan een of twee bo-lae in die kleur(e) van jou keuse aan (ons het twee lae van Plascon se akriel-PVA in die kleur City Fog op die sypanele en rak gebruik).

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM