Huis + tuin

Boks in ’n kits

Boks in ’n kits

PROJEKGIDS

Harde werk 3/10

Vaardigheidsvlak

4/10 (moet kraggereedskap gebruik)

Tyd nodig

Sowat twee uur (plus droogtyd)

Klaar grootte

450mm (h) x 450mm (b) x 300mm(d)

Maak dit self teen

±R580 vir drie (hout R250, skroewe R20, besemstok R20, lym R45; onderlaag, verf, roller ±R245 vir een kleur)

Projeknotas

• Ons het 38mm-steierplanke gebruik om die bêrerakke te maak.

• ’n Verstek- of afsnysaag sal nuttig wees om die plank in die verlangde lengtes te saag.

• Ons het glans-emaljeverf aan die binnekant gebruik om ’n mooi kontras te verkry.

• Ons het ons rakkies laat sandblaas om die grein te beklemtoon. Jy kan die hout met ’n helder waterbasis-vernis of houtolie seël om dit te beskerm, maar dit sal dan nie dieselfde dryfhout-voorkoms hê nie.

Inkopielys

• steierplanke of herwinde hout (ons het ’n plank van 5400 x 38mm gebruik)

• 20mm-tappen of besemstok

• 75mm-spaanderbordskroewe

• houtlym

• onderlaag en verf (ons het Plascon Multi-Surface Primer, gevolg deur ’n hoëglans-emaljeverf gebruik)

Gereedskap

• (koordlose) boor

• maatband

• 20mm-Forstner-boorpunt

• draadborsel(s)

• verstek- of afsnysaag (opsioneel)

• wenteldkuurder

• rugsaag

• hoekklamp (opsioneel)

• houthamer

So maak jy

1 Meet en merk die planklengtes en saag dan die hout met ’n verstek- of afsnysaag in die verlangde 450mm- en 404mm-lengtes. Trek nou ’n lyn 38mm van albei ente van die (langer) 450mm-lengtes, soos aangedui. Merk die posisies vn die twee eweredig gespasieerde gate in die middel van die strook.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/13.jpg

2 Boor nou die versinkte gate vir die spoorskroewe en tappen met die Forstner-boorpunt.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/23.jpg

3 Plaas nou die langer planke haaks teen die korter planke en boor gidsgate. Boor deur die boonste plank en sowat 30mm in die onderste een, soos aangedui. WENK ’n Hoekklamp verseker dat die planke teen regte hoeke bymekaarkom en dien as ekstra paar hande.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/33.jpg

4 Skroef die langer planke met spoorskroewe aan die korter planke. Wend houtlym aan albei ente en draai die skroewe styf vas met die (koordlose) boor. Herhaal al bogenoemde stappe en maak nog twee sulke bokse.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/43.jpg

5 Sit ’n titsel houtlym in die gate en tik dan die punt van die besemstok of houttappen met die houthamer in die gate. Saag die tappen net bo die houtoppervlak af met die rugsaag. Herhaal die proses om al die gate met tappenne te vul.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/52.jpg

6 Skuur die tappenne gelyk met die oppervlak en verwyder terselfertyd enige potloodmerke.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/61.jpg

7 Skep die dryfhoutvoorkoms deur die ligte houtgrein sagkens weg te werk met behulp van die boor en die draadborsel-hegstuk.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/71.jpg

8 Skuur die binnekante liggies, wend een of twee onderlae met die sponsroller aan en rond die binne-oppervlakke af met hoëglans-emaljeverf (ons het drie verskillende kleure gebruik).

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/81.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6152/bcaf8b3e1ef74a22ad536825de38328a.jpg

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM