Huis + tuin

Bou 'n rakeenheid

Inkopielys

Saaglys (vir een rakeenheid)

• A: 3 dennehout- of merantiplanke van 2 400 x 220 x 22 mm, gesaag in ses stroke van 1 200 x 220 x 22 mm

• B: 1 dennehout- of merantiplank van 2 400 x 220 x 22 mm, gesaag in ses bloke van 372 x 220 x 22 mm

• een rugkantbord van 1 200 x 1 200 x 3 mm (opsioneel)

Ander

• hoekblokkies (klein)

• 50 mm-spaanderbordskroewe

• 16 mm-spaanderbordskroewe

• 4 x 100 mm-borselaluminiumpote of 50 mmrolwieletjies (opsioneel)

• handvatsels (opsioneel)

• houtvulstof

Afwerkings

• universele onderlaag (as jy die eenheid wil verf)

• verf in 'n kleur van jou keuse (ons het 'n wit akriel-PVA vir die een voorkoms en Plascon Lullaby (A32-4) vir die ander een gebruik

• kleurlose vernis of houtolie

Wat het jy nodig?

• maatband en potlood

• liniaal of tekendriehoek

• koordlose boor

• 3 mm-boorpunt

• 8 mm-boorpunt

• skroewedraaier

• baanskuurder en skuurskywe

• verfkwas en lap

So maak jy

1 Merk op vier van die 1 200 x 220 x 22 mm-stukke (A) plekke 40 mm van elke rand met intervalle van 400 mm en 800 mm. Merk nou 11 mm weerskante van dié lyne - die 22 mm-rak gaan op die regte afstand tussen dié lyne gesit word. Keer twee van die stukke van 1 200 x 220 x 22 mm om en doen dieselfde. Dit gaan die twee middelafskortings vorm, en die ander twee die sykante.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/b60c398d89ce4522ab1996263b3909c1.jpg

2 Gebruik die koordlose boor en 16 mm-spaanderbordskroewe om die klein hoekblokke in posisie vas te sit onder dié merke.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/58461a3f5d2d44fba4771cb43f6ccfaa.jpg

3 Merk op die orige twee stukke van 1 200 x 220 x 22 mm (A; boonste en onderste rakke), 22 mm van elke punt. Merk dan die plekke waar die vertikale afskortings gaan wees deur een van die rake van 372 x 220 x 22 mm (B) as spasieerder te gebruik. Werk van een punt af en draai dit op die sy om die breedtes van 22 mm te merk. Gebruik 'n 3 mm-boorpunt en boor drie leigate tussen elk van dié posisies.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/8045c320289641e5859ad41cef1a0628.jpg

4 Gebruik 'n 8 mm-boorpunt om dié gate vir die skroewe te versink, aangesien dit later met houtvuller opgevul gaan word. Belangrik: Om 'n gat op die gewone wyse te versink ('n gat met rande van 45° sodat die skroefkoppe gelyk daarmee sal lê), moet 'n versinkboorpunt gebruik word.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/788bfd80a0fb4363ae847e89483161f4.jpg

5 Gebruik die merke as riglyn en sit die twee middelafskortings met die 50 mm-spaanderbordskroewe vas.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/52bbac6f1b3c4049b7ce4d0ecca001fe.jpg

6 Sit die rakke van 372 x 220 x 22 mm in posisie op die hoekblokke. Belangrik: Omdat houtdiktes verskil, het ons 2 mm by die lengte van ons mates gevoeg. As die rakke te styf inpas of dalk te lank is, kan jy net die twee middelrakke n bietjie skaaf.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/3f7dd8c3581040b5bd8c40c2b2050f1f.jpg7 Sit die rakke van onder af met die 16 mm-spaanderbordskroewe op hulle plek vas.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/a3be143087ab41938cdff75c974844b7.jpg

8 & 9 (Opsioneel) Gebruik die 16 mm-spaanderbordskroewe om die rolwieletjies of pote aan die onderkant van die rakeenheid vas te sit.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6144/d1718ed5f66d452bae56bce24cad117c.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/c7d1d88ba8fb4186b206e40ade4fbd0c.jpg

10 (Opsioneel) Boor 5 mm-gate - die posisie volgens die handvatsels van jou keuse - aan een of albei kante van die eenheid (ongeveer twee derdes van onder). Skroef die handvatsel met 'n skroewedraaier in posisie vas.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/3506f540dd4e44d4b1e39d3f93feacd2.jpg

11 Vul nou al die gate met houtvulstof en skuur dit dan tot dit mooi glad is. Rond ook die hoeke af.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/f469a617a340467f82cc965b142f773c.jpg

12 As jy graag die eenheid wil afwerk, moet jy die onbehandelde hout eers met 'n universele onderlaag verseël (en laat droog word) voordat jy dit in die kleur van jou keuse kan verf.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/2823ec9aa12941ecb72aa12b1f2f55de.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/af7806a78b9c460c81d021e924cac275.jpg

Suné Esterhuizen

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM