Bekostigbare vinielmuurplakkers kan vinnig en maklik aangebring en afgehaal word, wat dit ideaal maak as jy blyplek huur.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/2823b62275fc47ff8a2fed1a174024ec.jpg
Hoe om vinielplakkers teen ’n muur te plak
• Maak die muur skoon en laat dit heeltemal droog word.
• Knip die prentjies uit en plak dit met kleefband teen die muur vas presies waar jy dit wil hê; die kleefband sal as merkers dien.
• Trek dan die rugpapier versigtig af en druk die plakkers teen die muur vas – gebruik die merkers as riglyn.
• Neem ’n bankkaart en stryk die oppervlak glad terwyl jy ook enige lugborrels uitdruk; werk van bo na onder.
• Vee oor die plakker met ’n sagte lap, staan terug en geniet dit!
Het jy geweet? Die menslike oog kan meer skakerings van groen as van enige ander kleur onderskei.













