- Moenie al jou meubels by een winkel koop nie. Dis ’n tydsame proses wat jare duur.
- Moenie iets koop omdat dit iewers moet inpas nie. Koop waarvan jy hou, want as dit by jou persoonlikheid pas, sal dit in jou ruimte pas.
- Kyk altyd na vorm, kleur en tekstuur, want elke item het sy eie karakter.
- Niks is staties nie. Skuif gereeld jou meubels rond en pas vertrekke aan na gelang van die seisoen, soos met vars blomme uit die tuin.
- Hou jou groot meubelstukke neutraal en bring kleur in met blomme, lap en kussings.
- Maak seker jou groot items is tydloos en nie iets wat met elke mode sal verander nie.
- Neem jou omgewing in ag en herhaal die styl van jou buurt in jou huis.

http://tuis.co.za/mobile/dekor-mobile/dekorwenke/attachment/_n2l2158/













