Ons kyk na allerlei opsies sodat jy ingeligte besluite kan neem wanneer jy ’n opknapprojek aanpak.
Suid-Afrika bly een van die grootste sondaars ter wêreld as dit kom by die vrystelling van skadelike kweekhuisgasse, omdat ons krag opwek met onvolhoubare grondstowwe soos steenkool, wat giftige gasse tydens die produksieproses uitskei. As jy nog steeds nie jou ou gloeilampe met die energiebesparende soort vervang het nie, is dit tyd dat jy die feite onder die oë sien.
Waar begin ek?Volgens Eskom kan jy as verbruiker ’n daadwerklike verskil aan energieverbruikmaak deur eenvoudig oor te skakel na groener beligting. Boonop kry jy deesdae die mooiste ekovriendelike lampe en ligte. Hier is drie maniere hoe jy krag kan spaar met beligting: Kies sonkrag, natuurlike lig of vervang jou gewone gloeilampe met energiebesparende LUD-lampe.
LUD-ligteHoewel LUD-gloeilampe tans nog baie duur is, gebruik dit net 10-20% van die energie van gewone gloeilampe. Die laer energieverbruik maak dié gloeilampiesaansienlik koeler, wat die behoefte aan verkoeling in die somer verlaag. Anders as ander energiebesparende gloeilampe bevat LUD-gloeilampe geen kwik nie, en al die dele is herwinbaar; gevolglik is die koolstofvoetspoor baie laag. Maar LUD-gloeilampe het ook ander nut: Dis in verskeie kleure en in ligstroke te kry waarmee jy treffende fokuspunte kan skep. Klein LUD-liggies in ’n buigsame band kan maklik in lastige hoekies of om rondings geïnstalleer word. Dié ligstroke is ideaal om onder of teen handrelings of trappe vas te plak – enige skoon, droë oppervlak sal werk, maar sommige LUD-ligstroke het ekstra knippies om dit in plek te hou. “LUD-ligstroke is sekerlik van die veelsydigste beligtingsprodukte beskikbaar, omdat dit as agtergrond- of atmosfeerbeligting ingespan kan word,” sê Brigitte Nell van Radiant Lighting. “Die ligte word in verskillende lengtes verkoop, maar bestellings kan by verskaffers geplaas word om stroke volgens jou behoeftes in spesifieke lengtes te sny (elke lengte se watt-verbruik sal verskil).” Sommige LUD-ligstroke kan selfs met afstandbeheer verstel word en van kleur verander, terwyl ander weer met ’n verdofskakelaar die atmosfeer in ’n spesifieke vertrek kan aanvul. Vra jou handelaar vir die IP68-gradering, wat beteken die produk is waterdig. Vir ekstra gemoedsrus kan jy ’n IP65-boksie bo-oor die kragpunt sit as dit aan die elemente blootgestel gaan wees.
Veiligheid en weggooibaarheid
• Baie energiebesparende gloeilampe bevat kwik, en as dit in oop wonde beland kan dit erge ontsteking veroorsaak. Moenie dié gloeilampe saam met ander huishoudelike afval weggooi nie.
• Radiant Lighting sê as dié gloeilampe breek, moet jy die vensters oopmaak en dit vir 15 minute oop los om vars lug in te laat. Tel die stukke met rubberhandskoene en kombuispapier op – moenie dit stofsuig of opvee nie – en seël dit in ’n plastieksak.
• Bêre gloeilampe eenkant tot jy ’n paar het wat jy na die regte versamelpunt kan neem. Die meeste takke van die bekendste supermarkte het spesiale kartonhouers waarin jy hierdie gloeilampe kan gooi. Radiant Lighting neem hul ou gloeilampe by hul winkels in.
• Supermarkte neem die gloeilampe in groot maat na spesiaal goedgekeurde opvullingsterreine waar die onderskeie dele en kwik herwin word.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/b176f2e26d8643f29f7b2deb5a941967.jpg













