Huis + tuin

Hekel ’n waslap

Ontwerp en gehekel deur Brenda Grobler

Moeilikheidsgraad:Maklik

Klaar grootte:32 x 43 cm

Materiaal:

50 g/125 m-Nurturing Fibres Eco-Cotton:

  • 2 x Vanilla
  • 1 x Watershed
  • 1 x Mint

4 mm-hekelpen

tapisserienaald

skêr

Spanning: Spanning is nie belangrik vir die projek nie.

Afkortings:

gs - glipsteek

kb - kortbeen

ks - kettingsteek

kssp - kettingsteekspasie

lb - langbeen

sp - spasie

st - steek

BELANGRIK!

Patroonnotas:

  • Maak 3 ks aan die begin van lb-rondtes. Dit tel as een steek.
  • Maak 1 ks aan die begin van kb-rondtes. Dit tel nie as 'n steek nie.

Aanwysings: Begin met Vanilla en hekel 6 ks met 4 mm-pen. Ry 1: Hekel 1 lb in die 4de ks van die pen af en in die volgende 2 ks, draai. (1 blokkie)Ry 2: 6 ks, 1 lb in die 4de ks van die pen af en in die volgende 2 ks, (gs, 3 ks, 3 lb) almal in die 3-kssp van die vorige ry, draai. (2 blokkies)Ry 3: 6 ks, 1 lb in die 4de ks van die pen af en in die volgende 2 ks, [(gs, 3 ks, 3 lb) almal in die volgende 3-kssp van die vorige ry] twee keer, draai. (3 blokkies)

Ry 4: 6 ks, 1 lb in die 4de ks van die pen af en in die volgende 2 ks, [(gs, 3 ks, 3 lb) almal in die volgende 3-kssp van die vorige ry] drie keer, draai. (4 blokkies)

Volgende rye: Hou aan vermeerder soos hierbo totdat daar 8 blokkies aan elke sy is, verander dan van kleur. Hekel 1 ry in Mint, daarna weer 1 ry in Vanilla, verander na Watershed en hekel 3 rye, hekel dan weer 1 ry in Vanilla, die volgende ry weer in Mint, en hekel die volgende vyf rye in Vanilla. (20 blokkies aan elke sy)

Volgende ry: 6 ks, 1 lb in die 4de ks van die pen af en in die volgende 2 ks, *(gs, 3 ks, 3 lb) almal in die volgende 3-kssp van die vorige ry *, herhaal van * tot by die laaste blokkie van die vorige ry, 1 gs in die 3de ks van hierdie laaste blokkie van die vorige ry, draai. (Net 1 blokkie vermeerder aan die regterkant van die werk - 20 x 21 blokkies)

Volgende ry: Gs oor die eerste 3 lb, *(gs, 3 ks, 3 lb) almal in die volgende 3-kssp van die vorige ry *, herhaal van * tot by die end van die ry, draai. (Net 1 blokkie vermeerder aan die linkerkant van die werk - 20 x 22 blokkies.)

Herhaal die vorige 2 rye totdat daar 20 x 26 blokkies aan die sye is.

Volgende ry: Gs oor die eerste 3 lb, * (gs, 3 ks, 3 lb) almal in die volgende 3-kssp van die vorige ry *, herhaal van * tot by die laaste 3-kssp, gs in die laaste sp, draai. MOENIE 'n blokkie in die laaste spasie maak nie.

Herhaal die vorige ry totdat die hele reghoek voltooi is. Heg af.

Rand:

Heg Vanilla aan in enige st en hekel een rondte eweredig gespasieerde kb reg rondom. Maak 3 kb in elke hoek. Hekel nog so 'n rondte in Vanilla en rond af met 'n rondte in Watershed. Onthou om 3 kb in die middelste kb van elke hoek te maak. Heg af.

Werk al die los drade weg.

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM