Die term “pavement pimping” beskryf presies hoe en waar daar tuingemaak word: op jou sypaadjie, buite die grense van jou eie erf, met of sonder munisipale toestemming.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/bfaf8a444de849ea8fa3113dc2296a8c.jpg FOTO: http://www.pinterest.com/pin/345932815097140112/
In ’n stad soos Londen is daar heelwat voorbeelde hiervan. By die Chelsea Fringe (die Chelsea blommeskou se randfees) in 2012 is plekke wat só verfraai is aangedui sodat mense kon sien wat gedoen kan word as jy eers begin tuinmaak – al is dit nie in jou eie tuin nie!













