Huis + tuin

Kleurtrend: Geel

Die internasionale kleuranalis Pantone het aangekondig dat geel een van hul top-10 modekleure is vir 2017. Dit is ’n kleur wat dikwels in dekor geïgnoreer word, maar nie weer nie! Daar waar jy geel gebruik, maak jy ’n positiewe sonkol. Dit wakker entoesiasme aan, stimuleer selfvertroue en optimisme. Ons wys ’n paar maniere hoe jy jou blyplek kan opkikker. 

1. Verf ’n meubelstuk

Herbenut tweedehandse meubels en kikker dit op met ’n laag geel verf. Kies ’n kleur soos Banana Dream 4 van Dulux. Gebruik hul Pearlglo-produk, ’n waterbasis-emaljeverf wat baie vinniger droog word as konvensionele emaljeverf en wat boonop omgewingsvriendlilk is.

(ryno)

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/geel12.jpg FOTO Ryno

2. Sit gemaklik

Kies ’n geel stoel om jou sitkamer op te vrolik. Dis ook die ideale stoel vir jou slaapkamer. Stoel (prys op aanvraag) van Mr Price Home.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/geel-2.jpg FOTO Mr Price Home

3.  Vernuwe met ’n mat

’n Neutrale kleurskema kan doen met ’n mat wat die voorkoms lig. Kies so ’n geel mat (prys op aanvraag) van Home Fabrics.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/geel-3.jpg FOTO Home Fabrics

4. Voor jou bed

Bedlampe word dikwels afgeskeep, maar dit kan ’n groot verskil maak. Kies iets lig en modern soos dié een (R399) van Superbalist.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6237/0d1a1d050c4a46d5bbed0dae619c690a.jpg FOTO Superbalist

5. Stoorplek of blomme

Rangskik ’n groot bos bont blomme in hierdie boepenspot (R199,99) van Mr Price Home. As blomme skaars is, bêre sleutels of los goed daarin.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/geel-5-2.jpg FOTO Mr. Price Home

6. Sorg vir geur

Skink ietsie koels, steek ’n geurkers (R159,99) van @home aan, sit sagte musiek op en ontspan.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/geel-6.png FOTO @home

Lees nou

Hortjies binne en buite

Die nuutste matte

Dekor praat kopstukke

Anita Rossouw

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM