Huis + tuin

Kranse van papier

Aanwysings:Groot krans:

*Neem wit A3-velle en 'n stukkie swart papier.

*Knip wit blomme van verskillende groottes en plak 3 verskillende groottes op mekaar vas.

*Plak 'n silwer sterretjie in die blomkroon.

*Knip 'n voëltjie (of enige motief) uit swart papier en plak vas op'n kartonring (sny dit sommer uit 'n ou boks).

Kleiner blomkranse:*Skeur repe papier van sowat 4 cm breed.

*Trek 'n potloodstreep 1 cm vanaf een lang kant en maak 'n klomp snytjies digby mekaar tot by die potloodstreep.

*Rol taamlik styf op, plak vas en druk die "blomblare" oop.

*Druk met 'n mooi speld vas op 'n oase-ring wat jy met repe papier toegedraai het.Ander kranse:

*Verf ou kranse wit. Knip sterre uit wit papier en plak - met klein silwer sterretjies tussenin - op die krans.

*Versier verder (soos die groter krans) met voëltjies en sterretjies.

Anita Rossouw

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM