Rottangmeubels raak weer al hoe gewilder, maar nuwes is duur. Ons het dié stel, wat op pad was vullishoop toe, net betyds gered en met ’n lewendige geel verf (Dulux Buttercup Fool 1) met ’n satynafwerking vernuwe. Vir balans met die heldergeel is die kussings in ’n byderwetse geometriese materiaal oorgetrek. Sitkamer toe met julle!
Voor

Ná














