Dis verstommend wat ’n groot verskil nuwe vloerlyste kan maak.
Wat jy nodig het
- vloerlys
- maatband
- versteksaag
- 50 mm-muurspykers
- onderlaag of seëlaar vir hout
- PVA-verf in die kleur van jou keuse
So maak jy:

1. Meet die lengte van die muur en merk die vloerlys daarvolgens. Saag dit in die regte lengte. As jy die lyste moet las, werk die lasplekke agterna af met kontrakteursakriel voor jy verf. Saag die lasplekke in die hoeke teen 45° vir ’n netjiese voorkoms; gebruik ’n versteksaag hiervoor, of merk ’n 45°-lyn met ’n verstekhaak.
2. Verf die vloerlyste voor jy dit aanbring; jy kan enige merkies herstel ná jy dit vasgesit het. Maak seker die vloerlyste loop gelyk met die vloer se oppervlak.
3. Kap nou die vloerlys teen die muur vas met spykers. Maak seker daar is nie waterpype of elektriese geleidings waar jy kap nie.













