Kort jy ’n blaaskans, maar weggaan is buite die kwessie?
Projeknotas• Ons dagbed is die regte grootte dat ’n standaard-enkelmatras (910 x 1 880 mm) daarop pas.• As jy jou dagbed net effens smaller (890 mm) en korter (1790 mm) maak, kan jy 1 800 mm-lengtes dennehout gebruik, wat die uiteindelike koste met sowat R200 sal sny. Laat dan ’n stuk spons in die regte grootte vir ’n matras sny en laat dit oortrek.
Harde werk 5/10
Vaardigheidsvlak 4/10
Tyd nodig Omtrent vier uur (plus droogwordtyd)
Grootte ± 1 900 mm (l) x 900 mm (b) x 2 200 mm (h)
Maak dit teen ± R1 300: dennehout R1 000, skroewe en lym R60, vuller, verf en kwaste ± R240
Inkopielys• drie 2 400 x 144 x 22 mmdennehoutplanke gesaag in: twee stukke van 1 880 mm (basis – lang sye) twee stukke van 955 mm (basis – kort sye)• vier 2 400 x 96 x 22 mmdennehoutplanke gesaag in: twee stukke van 1 880 mm (rugleuning) vier stukke van 955 mm (kopen voetenent)• vier 2 400 x 69 x 32 mmdennehoutplanke gesaag in: vier stukke van 2 200 mm (regop pale/pote)• vyf 2 400 x 22 x 22 mmdennehoutplanke gesaag in: twee stukke van 1 860 mm (basisstutte) twee stukke van 1 880 mm (bo-raam – lang sye) twee stukke van 998 mm (boraam – kort sye)• ses 1 800 x 69 x 22 mmdennehoutplanke gesaag in: twaalf stukke van 900 mm (dwarslatte)
Ander items• ± vyftig 35 mm-spaanderbordskroewe• ± vyftig 50 mm-spaanderbordskroewe• ± vyftig 75 mm-spaanderbordskroewe• houtlym• mediumgrint-skuurpapier• houtvuller, onderlaag, verf
Gereedskap• (koordlose) boor, kombinasieversinkboorpunt• potlood• maatband• kombinasiewinkelhaak of tekendriehoek• verfkwas of sponsroller• hoekklamp (opsioneel)
So maak jy
1
Maak die bed se raamwerk deur die twee 1 880 mmdennehoutplanke tussen die twee 955 mm-planke te plaas. Meet en trek ’n lyn 22 mm van die punte af regoor die breedte van die 955 mm-planke. Boor nou drie gidsgate, lym en skroef dit (met 50mm-spaanderbordskroewe) op die ente van die 1880 mm-planke vas. Gebruik ’n winkelhaak of hoekklamp (op die foto) om seker te maak die hoeke is haaks.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/16.jpg
2 Sit die twee 1 860 mmbasisstutte teen die binnekant van die raamwerk wat jy in stap 1 gemaak het, vas. Plaas elkeen sowat 44 mm (gebruik ’n afvalblokkie as spasieerder) van die “onderste” rand oor die lengte van elke lang sy. Gebruik 35 mm-spaanderbordskroewe en skroef vas. Onthou om eers houtlym tussen dele aan te wend voor jy skroewe indraai.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/27.jpg
3 Sit die regop pale/pote aan die raamwerk vas. Begin deur die raamwerk op een sy te draai. Plaas die 2 200 x 69 x 32 mm-pote (twee op ’n slag) onder die raamwerk en gelyk met sy hoeke; meet met ’n maatband en posisioneer die raamwerk se “bokant” presies 450 mm van die “onder”-punt van elke poot af. Wend houtlym op die lasplek aan en skroef vas met drie 50 mm spaanderbordskroewe. Herhaal met die ander twee regop pale/pote. Belangrik Gebruik ’n tekendriehoek en maak seker die hoeke is haaks.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/37.jpg
4 Sodra al vier regop pale vas is, kan jy die bed op sy pote draai. Trek potloodlyne op die “buitekant” van die pale/pote om die posisie van die raam se kort sye aan te dui: 144 x 22 mm. Boor nou twee versinkte gidsgate tussen dié lyne – maak seker hulle pas tussen die drie skroewe waarmee die raamwerk op elke hoek aanmekaargeskroef is – en skroef vas met 75 mm spaanderbordskroewe.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/47.jpg

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/4a.jpg
5 Plaas die 955 mm-planke vir die kop- en voetenent tussen die regop pale (gelyk met die buiterand) en skroef hulle vas (net soos in stap 4). Spasieer die planke 96 mm uitmekaar (gebruik ’n stuk afvalhout asspasieerder). Plaas nou die twee lang 1 880 mm-planke vir die rugleuning haaks tussen die kop- en voetenent-planke en skroef vas met 75 mmspaanderbordskroewe.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/55.jpg
6 Draai die bed weer op die een sy sodat jy die boonste 22 mmraam kan aanbring. (Dié stap kan ook op stap 3 volg.) Plaas die boonste raam se kort sye (998 mm) bo-op en gelyk met die rande van die regop pale en skroef vas; skroef dan die lang sye (1 880 mm) tussen dié sye vas, soos aangedui.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/64.jpg

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/5a1.jpg
7 Spasieer die twaalf 900 mm-latte sowat 90 mm uitmekaar oor die lengte van die basisstutte aan die binnekant van die bedraam. Skroef vas met die 50 mm-spaanderbordskroewe. WENK Maak ’n spasieerblokkie deur ’n 22 mm-afvalstuk aan ’n 69 mm-afvalstuk vas te lym.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/72.jpg
8 Vul merke en gate met houtvuller. Wag tot dit droog is en skuur alle oppervlakke en rande liggies. Gee die bed daarna ’n veeldoelige of universele onderlaag en verf dit met emaljeverf in die kleur van jou keuse.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/10/81.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/59706f4f1dba4c31830c16726d2513b9.jpg













