Vaardigheidsvlak Basies
Tyd nodig 4 uur
Wat jy nodig het
• lengtes 40 mm-PVC-pyp
• 3 x 40 mm-enkelbuigstukke
• 1 x 40 mm-afvoerverbinding
• 2 x 40 mm-sluitstukke
• gloeilamppasstuk (Edison-skroefpasstuk)
• elektriese draad
• maksigloeilamp
• PVC-lym
• muurprop
• 6 mm-boorpunt
• koordlose boor
So maak jy
1 Saag die PVC-pyp met ’n rugsaag in die volgende lengtes: 1 x 200 mm en 2 x 400 mm Skuur die rande indien hulle grof voel.
2 Verf die pyp- en verbindingstukke met ’n veeldoelige onderlaag.
3 Wag tot dit heeltemal droog is en spuitverf die pypdele (ons het posbusrooi gekies).
4 Meng ’n bietjie gips tot ’n dik pasta en skep dit in een van die 400 mm-pype. Dié pyp gaan die basis vorm en die vulsel sal die nodige gewig aan die struktuur gee.
5 Heg die afvoerverbinding aan een ent van die basis en sit ’n buigstuk aan die ander ent.
6 Boor ’n gaatjie in die buigstuk (die elektriese draad moet hierdeur gaan).
7 Draai die ander 400 mm-pyp vertikaal in die buigstuk wat aan die basispyp vas is.
8 Sit ’n buigstuk aan die bopunt van die vertikale pyp.
9 Sit die kort 200 mm-pyp aan die boonste buigstuk vas om ’n horisontale arm te vorm.
10 Verbind die draad met die gloeilamppasstuk.
11 Heg die passtuk met PVC-lym aan die oorblywende buigstuk.
12 Voer die draad deur die pype. Sit ’n bietjie lym aan al die buigstukke om die pype te heg en die struktuur te verstewig.
13 Ryg dan die draad deur die gaatjie in die buigstuk aan die basis.
14 Verbind die draad met die muurprop.
15 Gee die lym ’n paar uur om droog te word.
16 Skroef die gloeilamp in die passtuk – en daar’s lig!

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/maak-jou-eie-pyplamp/attachment/book_project_14_pipelamp-6/













