Die lekkerste somertye is dié wat jy op jou rug, met ’n boek in die een hand en ’n yskoue drankie in die ander, deurbring.
Harde werk 5/10 (iemand sal moet hand bysit om dit te skuif)
Vaardigheidsvlak 6/10 (moet sekuur met ’n figuursaag kan werk)
Tyd nodig Omtrent drie uur
Klaar grootte 2 300 (l) x 100 (b) x 100 mm (h)
Doen dit self vir ± R1 400 (R750 vir een): dennelaaghout R1 200, skroewe en lym R50, verf R150
Projeknotas• Ons het vier blaaie 18 mm-dennelaaghout gebruik om dié twee lêstoele te maak (twee per stoel).• Dis raadsaam om die hout met een of twee lae verf of vernis teen die elemente te beskerm.
Inkopielys• Vier blaaie dennelaathout, gesaag in:twee stukke van 768 x 714 mm (rugleunings)twee stukke van 1 220 x 714 mm (sitplekke)vier stukke van 714 x 272 mm (stutte)twee stukke van 1 945 x 960 mm (sypanele)twee stukke van 365 x 714 mm (voorste panele)twee stukke van 508 x 714 mm (agterste panele)
Plus• waterdigte houtlym• 50 mm-spaanderbordskroewe• onderlaag en emaljeverf met ’n waterbasis
Gereedskap• boor• figuursaag• potlood• maatband• tekendriehoek• hoekklamp (opsioneel)• G-klampe (opsioneel)
So maak jy
1
Verwys na Skets 1 en merk die twee sykante op elk van die twee 1 945 x 960 mm-panele.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/1.jpg
2 Gebruik dan ’n afvalstuk hout en merk 18 mm breë stroke al langs die boonste rand en by die ente van die sypanele. Dis waar jy gidsgate gaan boor om die ander panele vas te skroef. Dui ook die posisie van die twee stutte so aan (sien Skets 2).

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/2.jpg
3 Gebruik die figuursaag en saag die sypanele uit. Merk nou die kurwes aan die onderkant. Ons het ’n slap staalliniaal gebruik om die kurwes te vorm. Doen dieselfde met die onderkant van die voorste paneel. WENK Gebruik ’n G-klamp om ’n gidsplank waarlangs jy ’n reguit lyn kan saag, vas te hou.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/3.jpg
4 Boor gidsgate 50 mm van die ente af en 200 mm uitmekaar. Sit die 1 220 x 714 mm-sitplekdeel op jou werkoppervlak neer en plaas die sypanele alkant daarvan. Skroef die sypanele met die 50 mm-skroewe aan die sitplekdeel vas (onthou om eers waterdigte lym aan te wend vir ekstra stewigheid).

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/4.jpg
5 Nadat albei sypanele vasgeskroef is, kan jy die twee stutte tussenin vasskroef. Voor jy die agterste en voorste paneel vassit, saag eers die borand van elkeen effense skuins sodat dit gelyk teen die onderkant van die sitplekdeel en rugstut kan pas. Volg die stappe regs, en rond af soos aangedui.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/5.jpg
Werk só
Stel die basisplaat teen die verlangde hoek.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/tools1.jpg
Plaas die basisplaat plat op die hout en saag die borand van die voorste en agterste paneel teen ’n effense hoek.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/tools2.jpg
Vul alle skroefgate en merke met houtvuller.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/tools3.jpg
Skuur die rande en die plekke wat jy opgevul het glad en wend dan die onderlaag met ’n sponsroller aan. Ons het ’n veeldoelige onderlaag met ’n waterbasis gebruik, en daarna twee lae waterbasis-emaljeverf van ’n goeie gehalte.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/12/tools4.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/fe44fe5cb79e4dbc91dee78970adeff0.jpg













