Dié leser sou ’n gemengde tuin te hê pleks van net tropiese plante. Sy het pragtige rose en het seker gemaak sy kies variëteite wat in KwaZulu-Natal aard, soos ‘Queen Elizabeth’, ‘Addo Heritage’, ‘Brumilda van Rensburg’ en
die outydse ‘Granada’-roos. “Ek het die ‘Granada’-roos al vandat ek vyftig jaar gelede getroud is en dis steeds beeldskoon. Dié vier rose is besonder geurig en hoef glad nie gespuit te word nie. Ek hou nie van spuit nie oor die ryk voëllewe hier by ons en ook omdat my kleinkinders graag in die tuin speel. “Ek het mettertyd geleer jy moenie goed plant wat nie in jou streek aard nie – haal dit uit en plant iets wat gelukkig is en daar sal floreer.”
Benewens die handjie vol rose, is daar honderde boslelies in die tuin en duisende Anthuriums. Vrugtebome soos lietsjie, mango en avokado vaar ook baie goed. Bougainvillea is beslis een van die grootste pronkers in die tuin; hier is omtrent twaalf verskillende variëteite waarvan die meeste hibriede is met gemengde kleure – pienk, wit en oranje, almal met verskillende groeiwyses.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/3fded0df8153482c885b77c2d9c249f5.jpg

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2014/11/IMG_2839MOBI.jpg

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2014/11/IMG_2861MOBI.jpg













