Maak dié kapplank in net twee uur (droogtyd uitgesluit) met afvalstukke hout en Alcolin Ultra Wood Glue.
Maak so:
Neem afvalstukke hout (ons het kersiehout gebruik) en saag dit in 30 x 30mm- lengtes; lym dit dan met waterdigte Alcolin Ultra Wood Glue, wat min VOV’s uitstraal, en klamp dit aan mekaar; laat dit oornag droog word. Saag die sye gelyk en skuur die hout glad af voor jy jou kapplank met olyfolie insmeer.














