Huis + tuin

’n Kis uit eie bodem

’n Kis uit eie bodem (Francois Oberholster)
(Francois Oberholster)

Inkopielys

• vier 50 mm-rolwieletjies met plaat

• houtlym

• ± honderd en vyftig 40 mmspaanderbordskroewe

• 1 stel plaatskarniere

Saaglys

Gebruik die 100 x 20 mmbuiteplanke van die palet én die draplanke (80 x 40 mm,) en saag:

• 14 planke van 800 x 100 x 20 mm (bodem, voor- en agterkant, deksel)

• 8 planke van 440 x 100 x 20 mm (sykante, deksel)

• 2 planke van 400 x 100 x 20 mm (bodemstutte)

• 3 planke van 800 x 80 x 20 mm (dekselraam)

• 4 planke van 360 x 80 x 40 mm (stutte, voor en agter)

• 2 planke van 360 x 80 x 20 mm (dekselraam)

Gereedskap

• koordlose skroewedraaier

• boor en 3 mm-boorpunt

• potlood

• maatband

• figuursaag

• winkelhaak

Projeknotas

• Soek twee groot houtpalette by jou plaaslike groente-envrugtemark uit en haal dit uitmekaar (as jy een moet koop, gaan dit jou sowat R100-R200 ekstra kos)

• Maak altyd seker dat jou planke haaks is.

• Dit is belangrik om altyd eers gidsgate te boor.

Wat jy nodig het vir die landsvlag:• 100 ml-potjies Annie Sloan Chalk Paint in 5 kleure (R55 elk)

• Annie Sloan-nr. 8- of 38 mmkunstenaarskwas (tot R230)

• Annie Sloan Clear Wax (R140)

• vintage-handvatsels (sowat R60)

• skuurpapier en lappies vir opvryf

Projeknotas

• Maak seker jou patroon is in die regte proporsies en die regte kleure in die regte bane.

• Verdun die verf met ’n bietjie water (die verf is baie dik). Omdat die verf vinnig droog raak, kan jy net jou kwas in water doop sodra dit begin frummel – dit sal die verf weer egalig maak.

Stap: 1

Maak seker jou planke is noukeurig uitgemeet, gemerk en haaks.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 2

Lê vier 800 x 100 mm-planke langs mekaar neer; plaas een 400 mm-plank dwars oor die twee ente. Lym vas.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 3

Gebruik die 3 mm-boorpunt en boor 2 gidsgaatjies per plank, diagonaal gespasieer. Wenk Dié spasiëring verseker dat jou basisplank te alle tye haaks is.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 4

Draai skroewe in die gidsgaatjies en herhaal aan die ander ent.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 5

Skroef nou die rolwieletjies op die hoeke vas.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 6

Skroef 3 van die 800 mmplanke oor twee stutte (360 x 80 x 40 mm) vas – plaas die eerste plank gelyk met die “bo”-kant van die stut, sodat die laaste plank onder verbysteek. Herhaal die proses om die agterste paneel te maak. Wenk Onthou om te lym en gidsgate te boor.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 7

Skroef die panele voor en agter aan die basis vas.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 8

Draai die kis nou op sy kop en skroef drie 440 x100 mm-planke op elke kant vas.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 9

Maak die dekselraam deur twee van die 800 x 80 mmplanke tussen die orige twee 440 x 100 mm-planke vas te skroef. Skroef die derde 800 x 80 mm-plank as versterking aan die binnekant van een van die lang sye vas; skroef ook die twee 360 x 80 x 20 mm-planke aan die binnekant van die kort sye vas.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 10

Skroef die orige vier 800 x 100 mm-planke bo-op die raam vas om die deksel te voltooi.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 11

Laat die kis op sy voorkant lê en hou die deksel in posisie. Merk die plekke vir die skarniere aan die versterkte sy van die deksel; skroef eerstens hier vas en dan aan die “agterste” sy van die boks.

DIY (Francois Oberholster)

Verf die landsvlag: 

Stap: 1

Plak maskeerband om die Y van die vlag te vorm en verf eers die breë bane.

DIY (Francois Oberholster)
DIY (Francois Oberholster)

Stap: 2

Wag tot die verf droog is, trek die maskeerband af en plak nuwe maskeerband op die rand van dié bane sodat jy die smal strepe tussenin kan verf.

Stap: 3

Verf die hele buitekant van die kis met een laag verdunde verf (20 ml op ’n koppie water).

Stap: 4

Wag vir die verf om goed droog te word en skuur dan die hele kis met 120-grint-skuurpapier om dit ’n lekker verweerde gevoel te gee. Wanneer jy tevrede is met die voorkoms, skuur weer liggies met 220-grint-skuurpapier om alles mooi glad te kry.

DIY (Francois Oberholster)

Stap: 5

Beskerm jou kis met Annie Sloan Clear Wax. Wend die was met ’n sagte lappie aan oral waar jy geverf het. Vryf dit dan met ’n skoon lappie tot dit blink en jou lappie nie meer weerstand bied wanneer jy vryf nie.

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM