Huis + tuin

’n Klein paradys

balcony (Francois Oberholster)

Toe dié leser in haar tweedeverdieping-woonstel in Oranjezicht intrek, was die balkon basies net ’n kaal reghoek. Sedertdien het sy dit in ’n klein paradys propvol slim en speelse plantoplossings omskep. Daar is selfs ’n klein wurmplasie – wie sê ’n balkon moet jou aan bande lê?

Hoekom dit werk

“Ek is bly dis nie reusagtig nie. Wanneer ons partytjies hou beland almal uiteindelik skouer aan skouer op die balkon. Dis so gesellig en ontspannend,” vertel Louise, wat

elke dag hier kom sit om ’n maaltyd te geniet of ’n boek te lees – winter én somer! “Dis redelik beskut teen wind – ’n pluspunt in dié area.”

balcony (Francois Oberholster)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6154/521e8c3a21b34e00a19eebc68fb123c0.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM