Huis + tuin

’n Mooi herd

(Elske Kritzinger)

Hoe jou kaggel lyk, is dikwels belangriker as hoe warm dit ’n vertrek maak. “Kaggels is nie meer net die swart vuurmaakplek nie, maar eerder ’n kunswerk wat ’n fokuspunt in die vertrek kan wees,” vertel Pieterse. As jou kaggelrand met sement gepleister is, kan jy dit maklik verf in ’n kleur wat by die res van jou binneversiering pas. Ander materiale wat om die kaggel gebruik kan word, is hout, harsgietsels, marmer, klip en ander hittebestande materiale. Jou kaggel hoef nie in die somer sy funksie as fokusarea te verloor nie. Laat dit saam met die seisoene verander en gebruik die herd in warmer weer as ’n uitstalplek vir mooi blompotte, kerse en ander ornamente.

Moenie met vuur speel nie Alle kaggels moet aan sekere bouregulasies voldoen. Jy kan by die bou-afdeling van jou plaaslike munisipaliteit vasstel wat die toepaslike regulasies in jou gebied is. As jy ’n kaggel in ’n huis met ’n grasdak wil bou, geld daar bepaalde voorskrifte. Hoor ook by jou versekeringsmaatskappy wat hul vereistes in dié verband is. Gestoffeerde meubels en jou hoop koerante en tydskrifte moet nie te na aan direkte hitte wees nie. Gebruik ’n skerm om te keer dat kooltjies uitwaai en op jou mat of vloer beland. Kaggelskerms is in ’n verskeidenheid style beskikbaar. Moenie enigiets anders as hout in jou houtkaggel brand nie. Koerantpapier of tydskrifte kan byvoorbeeld chemikalieë bevat wat die vuur se reaksie daarop onvoorspelbaar maak. Skakel jou kaggel om en om en om..HOUT>GAS Installeer eenvoudig ’n gasbrander in die kaggel se opening. Dit kan weer verwyder word as jy eerder hout wil brand. ’n Gaskaggel moet professioneel geïnstalleer word. HOUT>ANTRASIET Dit sal moontlik bouwerk verg. ’n Alternatief is om in ’n gewone oop kaggel antrasiet met hout te meng. HOUT>ELEKTRIES

Jy plaas die elektriese eenheid in jou oop kaggel. Die eenheid wat die vlam-effek skep is apart van die verhittingseenheid. As die gat groot genoeg is, is dit maklik om alles net daarin te sit.

(Elske Kritzinger)
admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM