V Kan ek ’n pit van my gunsteling-appelkoosboom plant? Indien wel, moet ek die pit oopbreek of net so plant?
A Plante word op hoofsaaklik twee maniere oorgeplant: met pitte of sade, en met steggies.Sou ’n blom bestuif word, kan die sade (pitte) groei, maar dis nie gewaarborg dat dit geneties dieselfde as die moederplant is nie. Met ander woorde, dit sal appelkose dra, maar die appelkose mag dalk effens verskil. Ek sou jou aanraai om eerder ’n steggie te maak, want dan sal die nuwe plant geneties 100% dieselfde eienskappe en vrugte hê.














