Huis + tuin

Oor ’n mik

Oor ’n mik

Ons frangipani-boom het nou al twee keer in die mik gebreek. Wat sou die rede wees en hoe kan ons keer dat dit weer gebeur?

JJ antwoord: Daar kan verskeie redes wees: 1 Die takke kan weens hul lengte te swaar raak – dun jou boom gereeld uit. 2 Die boom kry dalk te min kalium om die selle te versterk – bemes gereeld met 3:1:5. 3 Water wat in ’n hol mik opdam kan die hout laat vrot – vul die holte gerus op met sement. Maar as jou frangipani op ’n sonnige plek staan (soos dit moet), behoort dit nie vogtig te bly nie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/25f6b145b3974a6dbb11378e6be86954.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM