Mutabilis Dié struikagtige roos dra kelkvormige enkelblomme wat van liggeel na koperpienk en daarna dieppienk verkleur aan stele waaraan daar min dorings is. Crepuscule ’n Rankroos, so te sê doringloos, wat ’n eindelose skouspel geurige appelkoosgeel blomme vertoon. Cardinal de Richelieu Een van die donkerste blomme uit die oudste klas tuinrose, die gallicas. Dit het ’n sterk, kompakte groeiwyse en dra geurige ronde blomme met ’n diep rooipers kleur. Mme Isaac Pereire Ryk roospienk koolvormige blomme verskyn in trosse. Jacques Cartier (Rosa ‘Marchesa Boccella’) Dié geurige outydse roos spog met delicate pienk rosetvormige blomme in geil trosse, en ’n ryk, soet geur.

http://tuis.co.za/tuindagboek/outydse-rose/attachment/sony-dsc-13/













