Huis + tuin

Ouwêreldse weelde

Veronica Wilkens van Ronnie Wilkens Interiors glo dat ’n kleur ’n badkamer byeenbring. “Ek is versot op die houtskoolkleur wat spesiaal vir my gemeng is. Dit dra die kleurskema van die swart-en-wit plakpapier in die slaapkamer (in die spieël) deur na die badkamer. Grys is ’n wonderlike kleur wat uitstekend by alles pas – veral wit sanitêre ware.” Veronica het lank gesoek na ’n gietysterbad vir haar Victoriaanse woonstel in Groenpunt, Kaapstad. “Ek het die bad met houtpanele laat beklee en ’n marmerrand bo-op laat sit vir daardie weelderige, dog ouwêreldse gevoel.” Sy voel dis belangrik dat daar sitplek in ’n badkamer is, daarom die swart fluweelottoman. “En die heerlik ruim afmetings van die vertrek laat dit na soveel meer as net ’n badkamer voel.”

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2014/11/Wilkins_House_A4311MOBI.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM