Elwyn en Joanne Sykes van Sandton wou ’n ontspanne en unieke atmosfeer in hul badkamers hê. Wit teëls en ’n keramiekbad was buite die kwessie, en hulle het besluit om ’n sementafwerking met Cemcreteprodukte te skep. “Sement is ’n wonderlike alternatief vir teëls in ’n badkamer – selfs in die stort!” sê Joanne. “Dis glad onder jou vingers en maklik om skoon te maak – jy vee dit eenvoudig af. Jy kan dit ook gebruik vir smuk- en werkblaaie om ’n gladde voorkoms regdeur die badkamer te skep.” Die Sykese is baie in hul noppies met die eindresultaat. “Die afwerkings in die twee vertrekke is neutraal en daarom baie kalmerend, en omdat die bad in die gastebadkamer so groot is, kan jy jou heerlik daarin uitstrek. Soos dit hoort, is dié badkamer die perfekte plek om te ontspan en lugkastele te bou,” sê Joanne.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2014/11/1410TBathroom001MOBI.jpg

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2014/11/1410TBathroom005MOBI.jpg













