Huis + tuin

Protea van doer onder

Leanne Pearson skryf: Ek het op hierdie Royal Doulton Waratahbord afgekom toe ek my tannie gehelp trek het. Onder die bord staan “D5207”.

Shona Robie van Stephan Welz & Co. se keramiekafdelingantwoord: Die foto is van ’n Royal Doulton-bord met die “Waratah E”-motief, wat tussen 1932 en 1938 vervaardig is. Die waratah is die staatsblom van Nieu-Suid-Wallis, en dis bekend dat dié ontwerp deel van die Royal Doulton Australian Flowersreeks uitgemaak het. Royal Doulton het sedert 1889 verskeie reekse op verskillende tye vervaardig. Onder dié produkte was kabinetborde soos jul voorbeeld, wat as herdenkingsuitgawes gedien het. Die illustrasies daarop was reproduksies van beroemde skilderye of beelde van fauna en flora van ’n spesifieke land. Dié borde word dikwels as enkel- of reekse vertoonstukke versamel. Sommige Royal Doulton-tekens het ’n datumskrif wat spesifiseer in watter jaar dit gemaak is.

OUDERDOM Circa 1932–1938

WAARDE R600–R800 op ’n veiling

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM