Huis + tuin

Reis deur tyd

Heather Naude skryf: Ek wil graag weet wat dié 9-karaat-Elginsakhorlosie wat ek geërf het, werd is.

Jennifer Schultz van Stephan Welz & Co. se juweliersafdeling antwoord: Die Elgin National Watch Company, wat buite Chicago, Illinois geleë was, het meer as ’n eeu lank horlosies vervaardig. Daar word beraam dat hulle in dié tydperk verantwoordelik was vir die helfte van al die sak- en polshorlosies wat in die Verenigde State gemaak is. Dié tipe sakhorlosie, met ’n geskarnierde “dop” oor die wyserplaat, word ’n dekselhorlosie (“hunter-cased watch”) genoem; dit was gewild in die 19de eeu, maar die vervaardiging daarvan het afgeneem in die 20ste eeu toe oopgesig-sakhorlosies – en uiteindelik polshorlosies – in die mode geraak het. Te oordeel aan die foto dateer dié horlosie uit die vroeë 1900’s.

OUDERDOM Circa 19de eeu.

WAARDE R5 000–R7 000 op ’n veiling, afhangende van die toestand.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM