Huis + tuin

Rooi, wit en blou

Met dié kleurkalante bly jou huis heeljaar vrolik en uitbundig soos ’n seevakansie.

Rooi, blou en wit, die skeepskleure met die seevakansiekonnotasie, is ideaal vir ’n baldadige, moderne voorkoms met ’n kinkel. Hier is ’n sterk kombinasie: Blou en rooi oorheers, maar dit word subtiel geneutraliseer deur wit aksente in die stoel, vloerlys en houtvloer.

Dit werk, want …

• Die kleure is ewe sterk Die gebruik van kleure met dieselfde pigmentsterkte en kenmerke laat die voorkoms vloei. Om dié effek te kry, moet jy kleure kies wat op ’n kleurkaart in een “familie” of “stemming” saamgegroepeer is.

• Minder is meer Om te verseker dat die kleur en die meubels goed saamgaan, moet jy so min moontlik meubels gebruik in ’n vertrek met lewendige kleure.

• Die vloer is subtiel Die neutrale vloer speel ’n belangrike rol hier, want dis deel van die subtiele detail en bind die geblomde rooi mat met die res van die voorkoms.

Rooi is ’n primêre kleur aan die warm kant van die kleurwiel. Dis bekend as ’n voorkleur, wat beteken dit laat ’n ruimte kleiner lyk en skep ’n gevoel van intimiteit.

Wit is ’n treffende neutrale kleur wat verfrissend werk saam met rooi én blou.

Blou is ’n koel, vreedsame en verfrissende primêre kleur en dis baie maklik om daarmee saam te leef. Blou gee die illusie van ruimte en is ideaal as jy ’n ontspanne binneruim wil skep.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/b23a142888cb4c42832a526ade999132.jpg

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM