• Koeler nagte en meer dou bied gunstige omstandighede vir swartvlek. Spuit jou rose elke twee weke met ’n swamdoder soos Chronos of Rose Protector; voeg Ludwig’s Insect Spray by om jou rose ook teen bolwurm en kewers te beskerm.
• Laat roosbome wat feitlik al hul blare verloor het weens swartvlek in ’n rusfase ingaan. Dis nie nodig om hulle te spuit of te bemes nie.
• Dis die laaste maand waarin jy jou rose met Vigorosa of enige ander roosmisstof kan voed; tuiniers in subtropiese gebiede kan hul rose regdeur die winter bemes.
• Gee jou rose net een of twee keer per week water, en hou aan om dooie blomkoppe te verwyder om die vorming van nuwe blomme aan te moedig.

http://tuis.co.za/tuinmaak/roossorg-vir-april/attachment/sony-dsc-16/













