• As jy met vakansie gaan, knyp al die roosknoppe af wat waarskynlik gaan blom terwyl jy weg is, tesame met twee of drie blare. Knyp ook die eindknop van elke sagte, jong loot uit. Dit verminder die waterbehoefte en vertraag die blomtyd tot wanneer jy weer tuis is. Strooi ’n nuwe deklaag rondom jou rose.
• Spuit rose met Chronos gemeng met Ludwig’s Spray Stay voor jy weggaan – dit sal die struike minstens twee weke teen swartvlek beskerm.
• Maak seker al jou outomatiese besproeiingstelsel se sproeikoppe werk en dat die tye reg gestel is.
• Gee jou rose genoeg water (sien vraag oor poeiermeeldou), bemes dit met Vigorosa in die middel van die maand, en spuit dit elke twee weke met Ludwig’s Insect Spray gemeng met Chronos of Rose Protector.
• Verwyder gereeld dooie blomme.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6160/cbc0006dbd224cb69c219b8b4502b207.jpg













