As jy wil hê jou rose moet mooi blom, moet jy hulle reg versorg deur hulle genoeg kos, water en aandag te gee:
• Snoei jou rose in laat Julie, en spuit dit met kalkswael. Doen ’n somersnoei in Januarie, maar sny ook gereeld al die dooie rose uit sodat hulle regdeur die seisoen aanhou blom.
• ’n Spuitprogram is noodsaaklik. Spuit elke 14 dae met Chronos om swartvlek en poeieragtige skimmel te bestry. Dien Kohinor in September toe by die stam van die rose om ontslae te raak van luise; herhaal dit soos nodig gedurende die seisoen. Gee sommer ook blaarvoeding wanneer jy spuit.
• Gee elke roosboom elke maand 50 g Bounceback, en 30 g KAN vier keer in die seisoen om jou rose ’n hupstoot te gee. Voed verder die rose met Kick Start, ’n wateroplosbare plantvoedsel wat met wortelontwikkeling help.
• ’n Deklaag is ’n moet. Dennenaalde is ’n goeie opsie, maar aangesien dit die grond suur maak moet jy 200 g dolomitiese kalk per roos toedien net ná jy hulle in Julie gesnoei het.
• Besrproei jou rose twee keer per week vir ’n uur, en sodra dit koeler word net een keer per week.

http://tuis.co.za/mobile/tuinmaak-mobile/rooswenke/attachment/0614gdnceres-001/














