Huis + tuin

Skatkis

Wat kan julle my vertel van dié juwelekissie? Dit het nog sy oorspronklike sleutel.

Jo-Marie Rabe, historikus en mede-eienaar van Piér Rabe Antiques, antwoord: Dié stinkhoutkissie dateer uit die vroeë 20ste eeu en is deel van die Kaapse Herlewingstyl wat later in die volksmond bekend gestaan het as bal-en-kloumeubels. Die styl het sy hoogtepunt teen die 1940’s bereik, maar was nog vir etlike dekades gewild terwyl groot meubelfabrieke bal-en-kloumeubels van stinkhout, imbuia en swarthout vervaardig het. In die meeste gevalle is dié stinkhoutkissies van hoogstaande gehalte omdat dit deur vakmanne eerder as in fabrieke gemaak is. Dis sowat R2 000 werd.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM