Huis + tuin

Skep orde!

Kinderspeletjies

Saskia Wild Professionele organiseerder van Simply Sorted

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/af8623b8892d43d4907d82f97649d0ee.jpg

As ouers is dit dikwels makliker om af en toe vinnig jou kinders se kamers aan die kant te maak. Probeer om dié versoeking te weerstaan en leer eerder jou kinders waar sekere items hoort en hoe om dit te bêre. Dit sal wel tyd neem en geduld vra, maar jy sal die vrugte daarvan pluk.

• Skep ’n area naby die voordeur met hake of ’n bankie vir skooltasse, mandjies vir hoede en serpe, en houers vir kolwe, balle en ander sporttoerusting.

• Deel die slaap- of speelkamer in verskillende sones op met ’n boekrak naby ’n rusbank, ’n tafel en stoele met handwerkbenodigdhede, ’n houer in ’n hoek vir kostuums en speel-klere, en ’n area vir speelgoed, legkaarte en speletjies.

• Hang skoenorganiseerders aan die binnekant van kasdeure om poppe, karretjies, handwerkbenodigdhede en sagte speelgoed te orden.

• Sorg dat boeke maklik bereikbaar is op ’n boekrak en gebruik ’n mandjie om gunstelingboeke na die leeshoekie te dra.

• Sorteer klein speelgoed in kategorieë, soos Lego, Barbie-bykomstighede en aksiefigure, en bêre dit in deursigtige plastiekhouers of geëtiketteerde mandjies op rakke.

• Bêre verfkwaste en kleurpotlode in herwinde glashouers of blikkies, en gebruik ’n muffinpan met plastiekglasies om handwerkitems of skryfbehoeftes in te sit.

• Gebruik wasgoedpennetjies om jou kinders se kunswerke aan ’n muurgemonteerde kabel te hang, of plak dit in plakboeke, liasseer dit of neem foto’s daarvan en maak ’n boek van al die kunswerke.

• Knip die voorkant van legkaartbokse uit en sit dit saam met die legkaartstukke in Ziploc sakkies; sit al die sakkies in ’n plastiekhouer.

KONTAK simplysorted.co.za

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM