Daar ís ’n netjiese oplossing vir die kraaines drade agter jou TV-kas: Boor ’n gat waardeur al die drade van binne na buite gelei kan word.
Wat jy nodig het
• gatsaag en dra-spil
• boor
• kabelstroppe of binddraadjies
So maak jy
1 Kyk waar die beste posisie vir die gat agterin die kabinet sal wees. Plaas die gatsaag op die dra-spil en sit dit in die boor se kloukop. LET WEL Maak seker dat die dra-spil wat jy koop in die kloukop pas – dit moet ’n deursnee van 10 mm of maksimum 13 mm hê. Die dra-spil hou ’n standaardboorpunt waarmee jy eers ’n gidsgat boor, wat help om die saag stabiel te hou. Boor eers van die een kant totdat die gatsaag net begin sny. Sodoende kry jy ’n netjieser rand wanneer jy in stap 2 van die ander kant af deursaag.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/Step1.jpg
2 Gaan nou na die ander kant van die kabinet en gebruik die gidsgat om die gatsaag te sentreer. Saag dan heeltemal deur die hout van dié kant af. Maklik nè!

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/Step2.jpg
3 Druk nou eenvoudig al die nodige drade en proppe deur die gat en bind alles netjies vas met binddraadjies of kabelstroppe.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2013/07/Step3.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6152/74bb18567c4d41f0985e6c09a7144e88.jpg













