Huis + tuin

Stoepplante

'n Leser skryf: Ek bly in ’n woonstel in Florida en sukkel geweldig om die plante op my stoep – met ’n noordwes-aansig – mooi te hou. Is daar ’n goue reël wat ek kan volg?

JJ antwoord: Omdat daar soveel verskillende toestande in verskillende tuine op verskillende plekke is, is dit moeilik om reëls te bepaal. Met jou woonstel se oriëntasie gaan jy geweldig baie son en hitte kry, en daarom moet jy plante kies wat in die natuur in die son, eerder as die koelte, sou floreer: Nandina, Rhaphiolepis, Duranta, Tecomaria en

Chondropetalums het mooi loof vir vormplante, terwyl laaggroeiende Gaura, malvas, daglelies en heliotrope weer baie kleur gaan gee. Moenie jou potte laat uitdroog nie en plant ’n paar saailinge soos salies of afrikaners vir kleur.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM