Skep die voorkoms
Plascon het die perfekte reeks stoepverf vir jou outentieke basis. Ons gunsteling van alle tye? Red Stoep Enamel, natuurlik!
1 Die oppervlak wat jy wil verf moet heeltemal glad wees, met 'n eweredige tekstuur. Gebruik 'n stroopmiddel, skraper of skuurmasjien om van ou verf ontslae te raak.
2 Wend een laag Plascon Concrete Floor Prep oor die afgewerkte vloer aan en laat dit droog word. Dis 'n sterk bindmiddel wat die lewensduur van die vloerverf sal verleng.
WENK Wag twee uur voor jy die Stoep Enamel aanverf. Hoewel die vloer nog taai sal voel, is dit gereed om geverf te word.
3 Wend die stoepverf so eweredig moontlik aan met 'n sponsroller. Die verf moet oornag droog word voor jy nog 'n laag kan aanwend; dan moet jy nog 'n dag wag voor jy op die vloer kan loop!
LET WEL As jy bekommerd is oor 'n gladde stoep, voeg Plascon se Grip Additive by die stoepverf voor jy dit aanwend. Dit verskaf genoeg tekstuur dat mense nie op die vloer sal gly nie.
Vars idee!
Maak 'n opvoutafel deur 'n ou deur of houtblad met skarniere aan die buitemuur vas te sit. Ondersteun die tafel se gewig met twee identiese pote - hiervoor kan jy enigiets onder die son inspan, solank dit stewig en gelyk staan. Ons het twee stapels boeke aanmekaar gelym vir die doel!














