'n Leser wil weet: My twee growweskil-suurIemoenbome was die afgelope tien jaar nog altyd geil en gesond, en die vrugte groot en sappig. Maar dié seisoen merk ek dat een boom heelwat blare verloor, en die suurlemoene is klein, met ’n oranjerige kleur; die boom self lyk ook nie gesond nie.
JJ antwoord: Wanneer ’n suurlemoenboom kwyn, is die oorsaak gewoonlik stamvrot, dopluise of sitrussilla (laasgenoemde vorm rondings op die blare of laat die blare omkrul). Wat hier beskryf word, klink soos dopluise – ondersoek die takke deeglik vir klein, ronde suiende insekte. Efekto Aphicide sal die meeste vretende en suiende insekte dood en is nie skadelik vir gebruik op sitrus nie – volg die aanwysings wat daarby ingesluit is.














