Is jy op soek na ’n oulike Kersversiering wat nog lank ná Kersdag pragtig sal lyk? Maak ’n stylstelling met dié indrukwekkende (maar eenvoudige) takbokkop!
Deur Shelly Bergh
Video: Francois Oberholster
Wat jy nodig het:
- patroon vir takbokkop (laai dit HIER af)
- karton
- skêr
- handwerkmessie
- snymat
- maskeerband
- verfkwas
- vinnig droënde houtwerkgom
- goue blinkers
- dun draad
So maak jy:
https://youtu.be/qK49-rEAFJg
Stap 1: Laai die patroon HIER af en druk op 100% grootte. Sny die stukke rofweg uit en plak op die karton met die maskeerband.
Stap 2: Sny al die stukke met die handwerkmes uit uit die karton.
Stap 3: Verf die horings met die gom, en strooi die blinkers op. Laat dit goed droog word.
Stap 4: Skuif nou die stukke wat die nek, neus en horings vorm in die gleuwe van die twee kop-stukke.
Stap 5: Maak ’n stukkie draad aan die agterkant van die nek vas om jou kop mee op te hang













